Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan Leef

Bybeldagboek

Wanneer Planne Tot Niet Gaan

Lewensbeginsel 16: Alles wat ons buite God se wil doen, gaan uiteindelik tot niet.

Die dipeste begeerte in enige mens se hart,—die een ding waarna elkeen smag,—is om God te ken.

Dit mag wees dat jy nie dadelik besef die begeerte binne jou is 'n begeerte na God nie—in werklikheid mag jy dalk net ontevrede wees met jou lewe. Dalk ervaar jy dat die verhouding waarin jy tans is, nie is wat jy gedink het dit gaan wees nie. Dalk het jy alles wat jy begeer en tog voel jy steeds soms 'n onverklaarbare verlange, hartseer en eensaamheid. Gevoelens van ontevredenheid, onvervulde verwagtinge, bedruktheid en verlatenheid het almal dieselfde oorsprong: 'n honger na God. Augustine het eeue gelede geskryf: “U het ons vir Uself gemaak en ons harte sal rusteloos bly totdat ons rus in U vind.” Wanneer ons versadig word met God se teenwoordigheid, het ons heelwat minder nodig van wat die wêreld het om te bied