Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan Leef

Bybeldagboek
God se Pad van Gebrokenheid

Lewensbeginsel 15: Gebrokenheid is God se voorvereiste vir jou om van nut te wees.

Op wie vertrou jy meer as op God? Wat is God besig om weg te stroop in jou lewe? Die antwoorde op hierdie vrae kan dalk verduidelik waarom God so hard daaraan werk om jou vertroue op enigiets of iemand anders as Hom, te verbreek— maak nie saak hoe lank dit sal neem of hoe moeilik die proses mag wees nie. Hy is toegewyd om jou tot 'n plek van volheid en geestelike volwassenheid te bring—om jou te verander na die beeld van Sy Seun (Rom. 8:29)—sodat Hy deur jou kan werk om ander, deur jou getuienis, na volheid en geestelike volwassenheid te bring. (2 Kor. 1:3-7)

Die apostel Paulus het 'n soortgelyke tyd van gebrokenheid en lyding in die gesig gestaar en hy skryf,“Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word.”(2 Kor. 12:8) Alhoewel God nie die “dit” van hom weggeneem het nie, het Hy Paulus gehelp om te verstaan dat dit vir hom gegee was sodat hy nie homself sal verhoog en staat maak op enigiets behalwe Christus nie. (2 Kor. 12:7-11) Die Here het ook die apostel geleer dat Sy genade altyd genoeg sal wees vir al sy swakhede.

Dieselfe is ook waar vir jou. Wanneer jy ook al gebroke is, sal God se genade jou kan help om aan te hou en om jou tot volwassenheid te bring. Hy sal jou wys hoe om jou afhanklikheid van aardse vorme van sekuriteit op te gee en jou leer hoe om te rus in Sy wonderlike voorsiening en liefde. Wees dus vol vertroue dat Jesus Christus enige swakheid wat jy mag hê, kan vat en dit verander na 'n sterkpunt, hoop en eer.