Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 14 VAN 36

God tree namens ons op


Lewensbeginsel 14: God tree op namens diegene wat op Hom wag.


Om in hierdie gejaagde wêreld vir enigiets te wag, kan veroorsaak dat ons ons humeur en goeie oordeel kan verloor; meer gereeld as wat ons wil erken. Tog dring die Woord van God ons om van die lewe se grootste lesse te leer terwyl ons wag. Terwyl wagkamers moeilike klaskamers kan wees, bied God omvangryke beloning vir diegene wat op Hom wag.


Wanneer ons op God wag ...


  • ontdek ons sy wil.

God vertraag nie die proses om ons die begeerte van ons harte te gee om ons op die geloofspad te lei nie. Selfs terwyl ons wag sal Hy eerder sy wil aan ons openbaar en alles ten goede laat meewerk vir ons beste en sy heerlikheid (Romeine 8:28). 


  • Ons ontvang bonatuurlike energie en krag.

Soos wat God ons verhouding met Hom verdiep gedurende die wagperiodes, vermeerder Hy ook ons energie, geloof, uithouvermoë en krag (Jesaja 40:29-31).


  • Ons is oorwinnaars in die stryd.

Wanneer ons dinge op ons manier en op ons tyd doen, eindig dit in 'n nederlaag. Maar wanneer ons op God wag en sy bevele gehoorsaam, verseker Hy ons van oorwinning (Spreuke 20:22).


  • Ons sien die vervulling van ons geloof.

Ander mag ons dalk aanmoedig om voort te beur in plaas daarvan om op die Here te wag, maar ons moet onthou dat Hy die enigste Een is wat ons waarlik kan help en ons nooit sal teleurstel nie (Jesaja 49:23).


  • Ons neem waar hoe Hy namens ons werk.

Terwyl ons aktief wag, werk God aktief (Jesaja 64:4). Elke dag het ons die grootste Bemiddelaar wat namens ons werk. En selfs wanneer dit lyk of dinge verkeerd loop, maak Hy seker dat alles volgens sy voorneme verloop. Wat 'n wonderlike belofte!


Om te wag is egter een van die moeilikste dinge in die Christelike lewe, maar dit is nie verspeelde tyd nie. God gee bevele aan ons gedurende tye van aktiewe wagperiodes, Hy hou ons in pas met sy wil, Hy berei ons voor vir sy antwoorde, en Hy gebruik die tyd om ons motiewe te sif en ons geloof te versterk. Wanneer ons kies om op Hom te wag, sal God die lang proses in ons lewens vir ons seën gebruik — beide groot en onverwags — indien ons Hom toelaat.


Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid