Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

DAG 6 VAN 46

Identifiseer Ontevredenheid

Die Lydenstyd lei ons deur die hartseer van Jesus se laaste dae voor sy kruisiging. Ons lees van Jesus se gesprek met sy dissipels in die bovertrek, en kan ons net voorstel dat daar gemengde gevoelens van vreugde (van vriendskappe) en hartseer (van 'n vriend se verraad) was. Ons huil saam met die eerste Christene as ons dink oor Jesus se arrestasie, verhoor en marteling. Ons het ook berou in ons verraad teenoor Jesus, soos wat Petrus ervaar het. Die tradisie van die Lydenstyd — 'n veertig dae opoffering — is 'n manier om te rou oor die dood wat sonde in ons lewens gebring het. Ons erken ons eie tekortkominge en onvoldoende opofferings wanneer ons kyk hoe Jesus die Satan se versoekings in die woestyn weerstaan het. Hierdie periode van opofferings laat ons net weereens besef hoe nodig ons Jesus Christus in ons lewens het.

Aangaande hierdie leesplan

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.

More

Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056