Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Wat behels die Lydenstyd?
Vir baie Christene is die Lydenstyd 'n deel van hulle geestelike lewe, maar vir ander is dit onbekend. Dit is die tydperk voor Paasfees, die tyd wanneer Christene hulle harte voorberei vir Paasfees en die tyd bestee in oordenking, sonde belydenis en gebed. Dit begin op Aswoensdag en hou vir veertig dae aan. Dit sluit nie Sondae in nie. Dit eindig op Goeie Vrydag en Heilige Saterdag. Sondae is tradisioneel 'n fees van Jesus se opstanding, dus word die ses Sondae in die tydperk nie ingereken as deel van die veertig dae tydperk nie. Die tydperk fokus op introspeksie, selfondersoek en belydenis van sonde. Baie Christene verkies om tydens hierdie tydperk te vas, maar die fokus is nie soseer om jouself iets te ontsê nie, maar eerder om jouself aan God en sy doel vir die wêreld te wy.
Dit is 'n belangrike tyd in die kerkjaar. Die kerkjaar is 'n goeie manier om ons te help om ons tyd saam met God te organiseer. In plaas daarvan om die algemeen bekende sonkalender te volg, wat deur die ritmes van die natuur georden word, gebruik die kerk God en sy aktiwiteite in die wêreld. Die kerkjaar volg ses seisoene van verskillende lengtes: Advent, Kersfees, Epifanie, Lydenstyd, Paasfees en Pinkster. Elkeen van die seisoene fokus op iets anders: Advent fokus op die verwagting van God se koms na die wêreld, sy menswording en sy wederkoms. Kersfees fokus op die geboorte van Christus. Epifanie fokus op die teenwoordigheid van God in die wêreld. Die Lydenstyd fokus op sonde en God se genade en oplossing daarvoor. Paasfees fokus op die opstandingslewe. Pinkster fokus op die aktiwiteite van die Heilige Gees in die wêreld. Die jaarlikse ritme van al die seisoene kan 'n kragtige effek hê op 'n mens se persoonlike en geestelike groei.
As jy hierdie Lydenstyd oordenking geniet, kyk ook na die "Holy Bible: Mosaic". Dit is 'n Bybel wat jy kan uitdruk. Dit sluit alles in wat jy nodig het vir hierdie oordenking, asook kleurvolle kunswerke en leesstukke vir elke week van die kerkjaar.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.
More
Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056
Verwante Leesplanne

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees

Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsontgiftiging

Reis Na Die Krip

My Allerbeste vir Sy Hoogste

Onthou Alles Wat God Gedoen Het

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense