Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

DAG 9 VAN 46

Cesar Chavez (VSA, 1927-1993)

Wys vir my die lyding van die mees patetiese mens;
So sal ek kan weet wat my mense se lot is.
Help my om vir ander te bid;
Want U is teenwoordig in elke mens.
Help my om verantwoordelikheid te neem vir my eie lewe;
sodat ek uiteindelik vry kan wees.
Gee vir my eerlikheid en geduld;
Sodat ek saam met ander werkers kan werk.
Bring 'n lied en feesviering voort uit my wese;
Sodat die Heilige Gees aktief kan wees tussen ons.
Laat die Heilige Gees floreer en groei;
Sodat ons nooit moeg sal word vir die stryd nie.
Help ons om die mense te onthou wat gesterf het vir geregtigheid;
Want hulle het vir ons lewe gegee.
Help ons om selfs die mense wat ons haat, lief te hê;
Sodat ons die wêreld kan verander.
Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.

More

Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056