Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Saterdag (Steve Thomason)
Saterdag was sekerlik 'n lang en donker dag. Hulle was baie hartseer en het weggekruip uit vrees vir hulle lewens. Jesus was weg. Sy dissipels het gekyk hoe die soldate Hom wegneem na sy kruisiging die vorige dag. Nou was dit Saterdag, hulle meester was dood en die rou was diep en het hulle leeg laat voel.
Hulle het nie hiervoor ingestem nie. Jesus was veronderstel om die Messias te wees. Hy was veronderstel om hulle in oorwinning oor hulle onderdrukkers te lei. Hy was veronderstel om Israel weer as 'n sterk nasie te vestig en hulle toe te laat om te juig oor geregtigheid. Pyn, rou en hartseer was nie deel van die ooreenkoms nie.
Dalk het jy ook al gevoel soos die dissipels daardie donker Saterdag gevoel het. Ek weet ek het al. Oor 'n tydperk van vyftien maande het ek die dood van 'n vriend, twee oumas, my skoonpa en die kerk wat ons begin het beleef, sowel as die skyndood ervarings van my skoonsuster en susterskind. Sjoe! Daar was ek. Dit het gevoel of alles om my doodgaan. Ek het nie hierop gereken nie. Ek het gedog as 'n mens Jesus volg is dit 'n lewe van oorwinning en vrede. Ek het net pyn en wanhoop ervaar. Ek het die vermoë verloor om te voel. Ek wens ek kon sê dat ek dit met waardigheid hanteer het, met 'n kopknik en 'n glimlag, terwyl ek God se soewereiniteit besing. Ek het nie. Ek was rondgeslinger tussen ontkenning en twyfel. Ek het gewonder of ek nie geweeg was en te lig bevind is nie. Dalk het God my vir iets gestraf. Dalk was ek al die jare lank mislei en was die heelal regtig 'n koue, leë plek.
Ek dink die dissipels het heel moontlik dieselfde gevoelens ervaar op daardie donker Saterdag. Dit het gevoel of daar geen hoop meer was nie. Ons voel só, omdat ons een belangrike waarheid vergeet. Jesus se pad is 'n pad van pyn, rou en hartseer. Jesus het baie gely in sy lewe — selfs voor sy arrestasie en kruisiging. As 'n kind het Hy geweet wat dit beteken om vir jou lewe te vrees, toe Hy en sy ouers na Egipte moes vlug. Hy het die verlies van sy stiefpa, Josef, ervaar. Hy het gehuil toe Hy hoor sy vriend Lasarus is dood. Hy was hartseer oor die blindheid van die inwoners van Israel. Hy het sulke foltering ervaar dat Hy bloed gesweet het in die tuin van Getsemane. Hy het die woorde van sy voorvader Dawid hard uitgeroep toe Hy aan die kruis gehang het: "My God, My God, waarom het U my verlaat?"
Jesus het ons egter gewaarsku dat dit so sou wees. In Johannes se weergawe van Jesus se laaste onderrig, lees ons dat God die lote sal snoei wat aan die wingerdstok groei. (Johannes 15:1-17) Snoei is seer. Dit is nie aangenaam om dele van jou lewe te verloor nie. Daar is geen vreugde in die sensasie as die snoeiskêr in jou vlees sny nie. Tog weet die Groot Tuinier dat daar nie regtig lewe is sonder snoei nie.
Dit is Jesus se weg — die weg van God se liefde en genade. God reinig ons met pyn. Die dissipels het dit geleer en het dit later aan die kerke oorgedra. Jakobus sê dat ons eintlik baie bly moet wees as ons in allerhande beproewings beland, want dit help ons om geestelik te groei en te volhard. Petrus het gesê dat beproewings ons geloof toets soos vuur goud suiwer. Paulus, nadat hy die pynlike proses van vervolging deurstaan het, beskryf die hoogtepunt van die hele proses met een woord — hoop.
Saterdag was uiteindelik verby. Op Sondag het die dissipels te staan gekom voor die werklikheid wat dieper as hartseer is. Hulle het hoop ontdek. Jesus het deur die proses van pyn en hartseer gewerk en lewendig anderkant uitgekom. Saterdae sál kom. Daarvan kan jy seker wees. Hulle sal kom en dit sal pynlik wees. Hulle mag net 'n dag duur, of dit kan twintig maande duur. Wanneer hulle kom, onthou net dat daar eers 'n Saterdag is voor Sondag kom. Die liefde van Jesus is ons hoop vir vandag en vir altyd. Ons sal hartseer wees, maar dit sal ons hoop gee.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.
More
Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056
Verwante Leesplanne

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees

Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsontgiftiging

Reis Na Die Krip

My Allerbeste vir Sy Hoogste

Onthou Alles Wat God Gedoen Het

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense