Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

DAG 41 VAN 46

Hoop

Dit voel vreemd om hoop in dieselfde asem as geloof, liefde en ander kardinale deugdes te noem. Hoop is 'n verwagting, 'n begeerte dat iets vervul gaan word, maar dit maak ons egter net senuweeagtig. Ons hoop ons drome word waar en tog wonder ons waarin ons sal bly hoop as dit waar geword het. Dit voel amper wreed om vir vriende te sê dat jy hulle liefhet, in hulle glo en hoop in hulle het, asof hulle nie alreeds die beste vriend is wat jy graag wil hê hulle moet wees nie.

Tog verseker God ons dat ons altyd ons hoop in Hom kan plaas. Dit klink dalk na 'n resep vir mislukking, soos ons aardse hoop amper altyd is, maar die verduideliking van deugde, spesifiek edele aspirasies soos geloof en liefde, herinner ons dat God se beloftes waarlik ons ​​diepste hoop waardig is.

Aangaande hierdie leesplan

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.

More

Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056