Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Pandita Ramabai (Indië, 1858-1922)
Etlike jare gelede het ek tot die oortuiging gekom dat my geloof slegs 'n intellektuele geloof was — 'n geloof sonder enige lewe. Ek het na verlossing gesoek in die toekoms na die dood, en gevolglik het my siel nog nie "uit die dood na die lewe oorgegaan" nie. God het vir my gewys hoe gevaarlik my posisie was, watter ellendige, verlore sondaar ek was, en hoe nodig dit was om dadelik gered te word en nie vir die toekoms te wag nie. Dit het my lank gevat om my sonde te bely; ek was baie rusteloos, het siek gevoel en het baie slapelose nagte gehad. Die Heilige Gees wou my nie los nie en ek kon nie rus kry voor ek nie dadelik tot redding gekom het nie. Ek het ernstig tot God gebid om my sonde te vergewe, om Jesus Christus se onthalwe, en my te laat ervaar dat ek werklik tot bekering gekom het deur Hom. Ek het God se belofte geglo en Hom op sy woord geneem. Nadat ek dit gedoen het, het my laste van my afgerol en ek het besef dat ek vergewe en vry van die mag van die sonde was.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.
More
Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056