Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

DAG 34 VAN 46

Vas

Vir baie Christene is dit 'n gewoonte om te vas van enige soort van genot tydens die Lydenstyd. Wanneer ons besluit wat om op te gee, kies ons dikwels iets wat ons dink ons geestelike groei en verhouding met Jesus Christus kan belemmer. Die ou manier van vas — om niks te eet nie of om op 'n streng dieet te gaan — was nie 'n poging om sondige genietinge uit jou lewe te verwyder nie.

Ons het verleer hoe om te vas. Ons weet nie meer hoe dit voel om iets wat ons as noodsaaklik sien, op te gee nie. Regdeur die Bybelse- en Christelike geskiedenis, het baie mense vir aanvaarbare en gesonde periodes gevas. Ons huidige kultuur reageer nie goed op die manier van vas waar jy jouself kos ontsê nie. Ons is ingestel op onmiddellike bevrediging. Kan dit dalk wees dat God iets aan ons wil openbaar in hierdie tydperk van selfverloëning?

Aangaande hierdie leesplan

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.

More

Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056