Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

DAG 29 VAN 46

Die Reuk van Sonde (Timothy G. Walton)

'n Amerikaanse prediker van lank gelede, het van dorp tot dorp gereis om die evangelie te verkondig. Mense vertel hoe hy op die rand van 'n dorp sou stilstaan en sê: "Ek ruik die hel!" As ons meer oplettend was, sou die wêreld miskien vir ons ook soos die hel ruik? Dit is vandag 'n vreemde konsep vir ons. Tog is die wêreld deurdrenk van die vreemde reuk, omdat ons in die skadu van Adam en Eva se sonde leef.

Wat dink jy van sonde? Mense het allerhande kreatiewe maniere om sonde te hanteer. Hulle ontken dit. Hulle verklein dit. Hulle maak verskonings daarvoor. Hulle gee ander die skuld daarvoor. Die fiktiewe karakter, Duke, in James Thurber se verhaal, "The Thirteen Clocks", stel dit so: "Elkeen van ons het swakhede. Myne is dat ek boos is."

Hoekom is sonde verkeerd? Wie sê dat sonde sonde is? Om te sê sonde is sonde, impliseer 'n maatstaf. As 'n verkeerskonstabel jou stop omdat jy te vinnig gery het, beteken dit dat die owerheid 'n spoedbeperking gestel het, en jy het die wet oortree. Die morele standaarde vir die mensdom kom van die heilige karakter van God af.

Hierdie wêreld wat na sonde ruik, stink ook soos die dood. Die Bybel sê dat die loon van die sonde die dood is. Sonde lei tot die dood. Daar was dood in die tuin van Eden. Adam en Eva het nie dood neergeslaan toe hulle van die verbode vrug geëet het nie, maar twee dinge het gebeur: die saad van liggaamlike dood is in hulle geplant. Twee perfekte indiwidue, wat geskape was om altyd jonk te bly, het begin oud word en sou uiteindelik sterf. Hulle het ook geestelik gesterf. Hulle intieme en goeie verhouding met God, het ook gesterf. In Genesis 3 vind ons die toneel waar Adam en Eva vir God in die bosse wegkruip. Die enigste uitweg, een wat hulle nie van bewus was op daardie oomblik nie, was dat God iets heldhaftigs moes doen om hulle te red en terug te bring in 'n gesonde verhouding met Hom. God het twee diere geoffer, en die koms van Jesus Christus, die Redder, aangekondig (Genesis 3:15). So het Hy vir hulle 'n oplossing gebied.

Aangaande hierdie leesplan

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.

More

Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056