Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Karl Barth (Switserland, 1886-1968)
As ons van genade praat, dink ons aan die feit dat God se gunstige bedoeling vir die mens nie versuur word deur die mens se onwilligheid nie. As ons egter van heiligheid praat, dink ons na oor die feit dat sy gewilligheid hierdie weerstand in ons tot niet maak.
Om genade uit te spreek, spreek ons vergifnis van sonde uit; om heiligheid uit te spreek, spreek ons oordeel oor sonde uit. Aangesien altwee die liefde van God weerspieël, hoe kan die een sonder die ander bestaan? Hoe kan daar vergifnis wees sonder oordeel of oordeel sonder vergifnis?
Slegs daar waar God se liefde nog nie geopenbaar is nie, of waar mense nog nie (of nie meer) daarin glo nie, is daar 'n skeiding in plaas van 'n onderskeid. In so 'n geval sal vergifnis plaasvind sonder dat daar sonde is, en oordeel sonder dat daar veroordeling is. God se oordeel kan nie teenoor God se vergifnis staan nie.
In die lig van God se liefde en vergifnis, en soos wat ons kennis van Hom groei, kan ons nie God se genade en heiligheid skei nie, maar slegs onderskei tussen die twee.
Die verband tussen die twee word onweerlegbaar opgesom in die feit dat oordeel en vergifnis sy liefde kenmerk en onderskei, en dus Homself in sy betrokkenheid in die verbond as die Heer van die verbond tussen Homself en sy skepping.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.
More
Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056