Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Heilige God (Keith Potter)
Tydens die Lydenstyd word ons herinner aan die groot opoffering wat Jesus Christus gemaak het; vergifnis wat sy lewe gekos het. Ons erken dat ons sonde in die pad staan van 'n verhouding met God.
Ons belydenis sal egter van geen waarde wees as ons nie verstaan hoe groot en heilig God is nie. Ons onderskat die erns van sonde en die gevolge daarvan. Dit veroorsaak dat ons nie heilig is soos God nie en dat ons nie goed genoeg is om met Hom gemeenskap te hê nie. Ons pogings om onsself en ander mense te vergewe is nie iets werd nie, tensy ons verstaan dat God se genade ons geheel en al bedek, deur Jesus Christus. Dit maak ons regverdig in God se oë en goed genoeg om gemeenskap met Hom te hê.
In hierdie tydperk oordink ons God se heiligheid en wonder hoe dit sal wees as ons net met liefdevolle bedoelings en gesonde motiverings gevul word, net soos ons God.
In Jesaja 6 begin die verhaal van die groot profeet met 'n wonderlike visioen van God op sy troon, omring met hemelse wesens. Dag en nag roep hulle uit: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid”(Jesaja 6:3). Wat is Jesaja se reaksie? “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige” (Jesaja 6:5).
Om God te kon sien het vir Jesaja gehelp om met ander oë na homself te kyk. Onrein. Erg beïnvloed deur die sonde om hom. Alles behalwe heilig. Daarom het God Jesaja aangeraak. Hy ervaar genot uit vergifnis, reiniging en 'n nuwe gewilligheid. God soek 'n mens om sy werk te doen. Jesaja antwoord: “Hier is ek! Stuur my!”
Dit kan jou en my verhaal ook wees. In die lig van God se heiligheid is ons nietig. "Wee my! Ek is 'n sondige mens in die geselskap van ander sondige mense. Noudat ek U sien, Here, sien ek myself. Help my!" En God help ons, met genade wat groter as ons sonde is. As sy heiligheid so groot is, is sy genade nog groter, want dit bedek al ons sonde wat sy heiligheid aanstoot gee. "Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys" (Psalm 34:4).

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.
More
Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056