Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

DAG 20 VAN 46

God se Heiligheid en Genade

Soms is dit moeilik om heiligheid volkome te verstaan. Ons is nie meer by die tempel van ouds, wat God se heiligheid uitgebeeld het nie. Ons het nie 'n historiese video van die verheerliking, waar Jesus Homself aan sy dissipels geopenbaar het nie. Ons het nie tasbare bewyse van heiligheid nie.

Is dit miskien tog moontlik dat ons heiligheid kan ervaar soos wat die heiliges van ouds dit ervaar het? God se heiligheid is rondom ons, selfs meer as wat ons besef of wil erken. As dit die geval is, het dit 'n geweldige implikasie.

As heiligheid nie meer 'n plek in die tempel of 'n heilige ark is nie, wat is dit? Waar is heiligheid? En wie is heilig?

Aangaande hierdie leesplan

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.

More

Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056