Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Steun op My (Karen Sloan)
"Steun op My." God nooi jou en my uit om dit elke oomblik van ons lewens in gedagte te hou. Ons kan so reageer: "God, red my asseblief! Kom gou, Here, en help my." Die probleem met my is dat ek so dikwels op myself gefokus is. Ek raak so vasgevang in al die dinge wat ek al bereik het, of in al die dinge wat ek nog nie gedoen het nie. Ek glo dat omstandighede die gevolg van my vermoëns is, óf die gevolg van my eie tekortkominge. As die lewe net om my draai, is ek blind vir die realiteit dat ek ten volle van my Skepper afhanklik is. Die geraas van my arrogansie en angstigheid, verdoof die roep om op sy ewige arms staat te maak.
God het ons gemaak om afhanklik te wees van Hom. Dit is 'n tweevoudige afhanklikheid — eerstens ons afhanklikheid van God en indirek ons afhanklikheid van die mense wat God in ons lewens bring. Ons is gemaak vir verhoudings, nie om afgesonderd te lewe nie.
Terwyl Jesus op aarde was, was hy God en mens. Hy het in afhanklikheid van sy Vader geleef en ook was Hy afhanklik van ander mense om vir Hom te voorsien in wat Hy nodig gehad het. Jesus het mens geword deur sy ma, Maria. Maria het Jesus eers in haar liggaam gedra en toe in haar arms. Die voedsel wat Maria ingekry het, was die eerste kos wat Jesus gekry het. Sy het aan Hom sy daaglikse brood voorsien en was 'n ma vir hom, met haar hele wese. Sy het vir Hom voorsien in een van die basiese behoeftes van die mens.
In sy volwasse lewe het Jesus staatgemaak op die groter gemeenskap om die werk te kon doen waarvoor Hy geroep was. 'n Jong seun het vyf broodjies en twee visse gegee, wat kos vir vyfduisend mense voorsien het. Jesus het 'n vrou by 'n put vir water gevra. Dit het gelei tot die evangelisasie van 'n hele Samaritaanse dorp, en baie mense het in Jesus begin glo. In die tuin van Getsemane was Jesus diep bedroef. Hy het troos probeer vind in die geselskap van Petrus, Jakobus en Johannes. Hulle het egter aan die slaap geraak toe die Here hulle die nodigste gehad het. Maria, Johannes en ander vroue was by die kruis toe Jesus gesterf het. Miskien wou hulle nog vir 'n laaste keer aan Hom raak. In Johannes 19:26-27 lees ons dat Jesus vir Johannes gevra het om nog een laaste ding vir Hom te doen; om na sy moeder om te sien. Selfs sy graf was 'n geskenk van een van sy volgelinge (Matteus 27:59-60).
Jesus het nie langer as drie dae in die graf gebly nie. Die Een op wie Hy vertrou het, het Hom laat opstaan uit die dood.
Dit is vryheid in afhanklikheid. Dit stel ons elkeen in staat om ons kwesbaarheid te aanvaar. Ons hoef nie meer skaam te wees omdat ons nie vir onsself kan sorg nie. Ek en jy kan kies om op die Vader staat te maak in alles en te bid: "O God, red my, HERE, kom my gou te hulp!" (Psalm 70:2).
Ons maak op die Here en mense na aan ons staat om te help, asook die heiliges wat ons in geloof vooruitgegaan het. Eenduisend seshonderd jaar gelede het 'n Europese Christen-leier met die naam John Cassian sy gesprekke met monnike wat in die Midde-Oosterse woestyn gewoon het, gepubliseer. Een van die ouer monnike, Isaac, het hierdie gebed van Psalm 70 met die jong John gedeel toe hy die klooster besoek het. John se boek en Isaac se gebed het so 'n geweldige invloed gehad dat Christene vandag nog hulle gebedstyd met hierdie Skrif begin. Op dae wanneer ek stil word en na God se stem luister wat sê: "Maak staat op My", gebruik ek ook hierdie gebed.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.
More
Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056
Verwante Leesplanne

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees

Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsontgiftiging

Reis Na Die Krip

My Allerbeste vir Sy Hoogste

Onthou Alles Wat God Gedoen Het

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense