Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

DAG 15 VAN 46

John Cassian (Egipte, 356-435)

Hierdie is aan ons oorgelewer deur party van die oudstes van die Vaders en is iets wat ons slegs aan 'n paar mense oordra, mense wat gretig is vir hierdie kennis:

Om God altyd in jou gedagtes te hê moet jy hierdie formule van vroomheid volg: "Red my tog, o God, Here, kom my tog gou te hulp!" [Psalm 70:2]

Dit is met goeie rede dat juis hierdie vers uit die Skrif gekies is. Dit verwoord al die gevoelens van die mensdom. Dit geld vir enige situasie en is van toepassing op elke versoeking. Dit is 'n uitroep tot God, om hulp in 'n situasie van gevaar. Dit is 'n nederige belydenis. Dit dra die versigtigheid oor wat sy ontstaan het in bekommernis en vrees. Dit dra 'n gevoel van swakheid oor, die versekering dat jy gehoor word, die selfvertroue dat hulp altyd en orals daar sal wees. Iemand wat gereeld die hulp van sy beskermheer vra, is baie seker dat hy altyd byderhand is. Dit spreek van ywer vir liefde en liefdadigheid. Dit is die angswekkende geroep van iemand wat die strikke van die vyand raaksien, die uitroep van iemand wat dag en nag omsingel word en uitroep dat hy nie kan ontsnap nie, tensy sy beskermer hom kom red.

Hierdie kort vers is 'n standvastige muur vir almal wat stry teen die aanslae van duiwels. Dit is 'n ondeurdringbare borsplaat en die sterkste skild. Ten spyte van wrewel, angs en somberheid wat in ons gedagtes rondmaal, help dié vers ons om nie moed te verloor nie. Ons word herinner dat ons redder God is, die Een wat sien hoe ons sukkel en wat altyd naby is as ons tot Hom bid. Terwyl dit goed gaan met ons in die gees en daar vreugde in ons harte is, dien hierdie vers as 'n waarskuwing om nie trots in ons harte toe te laat nie. Ons moet nie roem op die goeie toestand waarin ons verkeer nie, want dit is slegs as gevolg van God se beskerming. Hierdie eenvoudige vers is nuttig en nodig vir elkeen van ons, in alle omstandighede. Ons het God se hulp nodig, of dit nou goed of sleg gaan met ons. Die skrywer weet dat God ons red uit teëspoed en sorg dat ons vreugde ook ervaar. Die mensdom kan nie in een van die twee situasies bestaan sonder God se hulp nie.

Aangaande hierdie leesplan

Devotions for Lent from Holy Bible: Mosaic

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.

More

Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056