Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Bybeldagboek
Enige siel wat nie 'n plek van afsondering het om alleen met God te wees nie, is geestelik in uiterste gevaar. Het ons toegelaat dat die plekke van afsondering afgebreek word of dat altare wat mooi lyk daaroor gebou word, en mense wat verbygaan, sê: "Hoe godsdienstig moet daardie persoon nie wees nie?" So 'n altaar is 'n belediging vir God se omvangryke werk in ons siele. Mag God gee dat ons meer en meer van die intense vreugde kan leer om in die nag en naderende dagbreek in afsondering saam met God te wees.



In die boek van Openbaring verwys Jesus Christus na Homself as "die eerste en die laaste." Tussen hierdie twee lê die mens se keuse; die begin en die einde bly by God. Die verordeninge van God is geboorte en sterfte, en binne hierdie perke bepaal die mens sy eie ellende of vreugde.



Oordenkingsvrae: Waar is my plek van afsondering met God? Geniet ek dit om alleen by God te wees of is ek gretig om te gaan werk? Begin ek elke dag deur God te vra wat ek moet doen en beëindig ek dit deur te vra hoe ek gevaar het?



Aanhalings uit: "He Shall Glorify Me and Still Higher for His Highest", © Discovery House Uitgewers