Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 3 VAN 28

Dit gaan nie oor my nie.



In antieke Midde-Oosterse kulture, was dienaars gewoonlik deel van 'n huishouding. Dienaars is soos werknemers behandel, maar somtyds, as die baas vriendelik was, sou die dienaars soos bevoorregte familielede behandel word.



Ongeag watter verhouding die baas met sy dienaars gehad het, een ding was altyd dieselfde: die dienaar het altyd 'n verantwoordelikheid teenoor die baas gehad. Die baas wou sekere take afgehandel hê, en dit was die taak van die dienaar om dit te doen.



Voordat ons vir Jesus ontmoet het, was ons slawe van sonde. Jesus het ons deur sy dood en opstanding gered. Ons is nie meer slawe van sonde nie, maar deur Jesus is ons nou dienaars van God.



God verwelkom ons in Sy familie en gee vir ons sy erfenis. Dit beteken dat ons 'n deel van sy koninkryk kry, en Hom help om dinge in die wêreld reg te maak soos wat dinge in die hemel reg is.



God roep ons om getroue rentmeesters te wees van dit wat Hy vir ons gegee het. Hy is ons goeie "baas". Dit is nie vir ons om die Meester se planne te bevraagteken, of om vir Hom te sê wat Hy moet of nie moet doen nie. Ons rol is om die Meester te gehoorsaam en met vreugde die werk te doen wat Hy vir ons gee.



Dink Hieroor:

1. Dink jy aan jouself as God se dienaar? Hoekom of hoekom nie?

2. Wanneer dit by geld kom, wie is die baas van jou bankrekening? Hoe kan jy God gedurende hierdie maand in beheer van jou geldspandering plaas?

3. Watter drie veranderinge kan jy hierdie week aanbring om 'n getrouer dienaar te wees?



Bid:

Jesus, dankie dat U vir my 'n weg maak om by God se familie aan te sluit. Help my om U as my Meester te vertrou en 'n goeie rentmeester te wees van dit wat U vir my gee.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid