Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 6 VAN 28

Geld red ons nie. Jesus red ons.



Geloof - maak nie saak hoe klein nie - is 'n kragtige ding. In die boek Johannes, vertel Johannes, een van Jesus se volgelinge, van 'n tyd toe Jesus so vurig was dat Hy tot laat in die aand gepreek en mense onderrig het. Die mense het honger geword, sodat sy volgelinge Hom gevra het om klaar te maak en die skare vir aandete huis toe te stuur. In plaas daarvan het Jesus vir sy volgelinge gesê om kos te vind. Al wat hulle kon kry, was 'n klein seuntjie se middagete. Daardie dag het Jesus meer as 5000 mense met vyf brode en twee klein vissies gevoed.



Praat van 'n wonderwerk! Omdat een klein seuntjie alles gegee het wat hy gehad het, is duisende mense gevoed met "soveel as wat hulle wou hê" (Joh. 6:11). Die seun het nie net meer kos teruggekry as wat hy gegee het nie, hy kon dit met duisende deel, omdat daar so baie was.



God vra ons nie om te gee omdat Hy nodig het wat ons het nie. God wil hê ons moet gee omdat ons nodig het wat Hy het. Jou geloof om te gee het 'n groter invloed as wat jy ooit kan dink. Wanneer ons besluit om op te staan ​​en te gee, sal God ons geloof gebruik om wonderwerke te doen.



Dink Hieroor:

1. Hoe sal jy jou geloof in God se vermoë om te voorsien, op 'n skaal van 1 tot 10 beoordeel? Hoekom het jy dié nommer gekies?

2. Wanneer het jy laas 'n wonderwerk gesien? Wat het daardie dag gebeur? Hoe het dit jou geloof versterk?

3. Elke wonderwerk begin met 'n geloofstap. Vir watter wonderwerk rakende jou finansies vra jy vir God? Watter geloofstap moet jy neem?



Bid:

Jesus, toe U my gered het, het U my van die dood na die lewe gebring. Ek is 'n wandelende wonderwerk! Vermeerder my geloof terwyl ek leer om U te vertrou in elke area van my lewe, nie net met my verlossing nie.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid