Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 1 VAN 28

Om Jesus te volg is ingrypend.



Dwarsdeur die Bybel het Jesus vir mense gevra om Hom te volg deur die eenvoudige frase: "Kom, volg my." Dit was 'n ingrypende uitnodiging. Om Jesus te volg het beteken dat jy alles wat jy besit het moes agterlaat en die onbekende aangryp.



In Matteus 9 het Jesus 'n belastinginvorderaar met die naam Matteus ontmoet. As 'n belastinginvorderaar het Matteus se hele lewe net om geld gedraai. Tog, toe Jesus vir Matteus geroep het, het hy alles wat hy gehad het verkoop en Jesus gevolg. As gevolg van Matteus se geloof, het hy een van Jesus se beste vriende geword. Matteus was daagliks by Jesus, en het gesien hoe wonderwerke gebeur en lewens verander word.



In Matteus 19 het 'n ryk man na Jesus toe gekom, op soek na die ewige lewe. Jesus het hom geantwoord: "As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My." Jesus het vir die ryk man dieselfde uitnodiging gegee as vir Matteus, maar die ryk man het hartseer weggegaan, omdat hy nie bereid was om sy lewe te ruil vir die lewe wat God vir hom beplan het nie.



Jesus gee vir ons dieselfde ingrypende uitnodiging as wat Hy vir sy dissipels gegee het. Hy roep ons om elke faset van ons lewens, insluitend ons finansies, aan God oor te gee. Vertrou jy Hom genoeg om Hom te volg?



Dink Hieroor:

1. Het jy al ooit besluit om Jesus te volg?

2. Watter gedeelte van jou finansies vra God jou om aan Hom oor te gee.

3. Op watter een manier kan jy vandag God se wil vir jou lewe volg.



Bid:

Liewe Jesus, gee my die moed om U te volg waar U my lei.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid