Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 28 VAN 28

Doen wat ook al nodig is.



Daar is altyd werk wat gedoen moet word, maar daar is verskillende "take" wat gedoen moet word. Dit is ons verantwoordelikheid om na ons families om te sien en om vir die mense in ons lewens lief te wees. Ons moet ons daaglikse werk doen, asook om ander te dien.



God roep ons om 'n "alles wat nodig is" ingesteldheid te hê. Omdat Jesus alles wat nodig was gedoen het om ons van ons sondes te red en ons 'n nuwe lewe te gee, kan ons Sy voorbeeld volg deur verantwoordelik te wees, insluitend hoe ons ons finansies gebruik.



"Geen werk is benede jou nie" gaan nie oor werk waarin jy leuens vertel, steel, bedrog pleeg, ander seermaak, mense se aandag van Jesus aftrek of enige ander sonde doen nie. Dit beteken dat ons moet doen wat nodig is (behalwe sonde) om finansieël verantwoordelik te wees, want skuld is slawerny.



In die verhaal waar Jesus vir Maria en Martha gaan kuier het, was daar twee verskillende "take", een is weerspieël deur Martha wat vir Jesus 'n maaltyd voorberei het. En Maria het die rol van gasvrou vervul deur vir Jesus welkom te laat voel. Ongelukkig, het Martha se rol in die kombuis haar van Jesus afgesonder. Maria het alles wat sy kon gedoen om Jesus bo alles te waardeur.



As Martha aan Jesus se voete gesit het, sou hulle nie aandete gehad het nie. Daar is 'n paar "Martha" seisoene in ons lewens wanneer ons moet woel en hard werk om seker te maak dat ons met ons geld uitkom. Maar ons het ook 'n paar "Maria" seisoene wanneer ons moet leer om te rus in wat God voorsien. Die sleutel is om na God se Gees te luister wanneer ons watter rol moet vervul. Dit is hoe jy kan doen wat nodig is om aan Jesus getrou te wees met jou lewe en jou finansies: vir watter "taak" God jou ook al geroep het, luister na Hom en doen jou allerbeste.



Dink Hieroor:

1. Op watter rol moet jy op hierdie seisoen van jou lewe fokus: om take te doen wat jy reeds weet hoe om te doen, of om verhoudings met mense en God te bou?

2. Vind jy dit moeilik om die verskillende "take" wat jy het te balanseer? Hoekom of hoekom nie?

3. Hoe sou jy 'n "doen wat nodig is" ingesteldheid beoefen?



Bid:

Jesus, U meet nie my waarde deur die werke wat ek doen nie. Ek is van waarde omdat ek aan U behoort! Help my om alles te doen wat nodig is om U te gehoorsaam en te aanbid met my finansies.
Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid