1
Mattityahu 7:7
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Hou aan om te vra en dit sal vir julle gegee word; hou aan om te soek en julle sal vind; hou aan om te klop en daar sal vir julle oopgemaak word
Vergelyk
Verken Mattityahu 7:7
2
Mattityahu 7:8
want elkeen wat aanhou vra ontvang en hy wat aanhou soek, vind en vir hom wat aanhou klop, sal oopgemaak word.
Verken Mattityahu 7:8
3
Mattityahu 7:24
Elkeen wat daarom na hierdie boodskappe van My luister en dit doen, sal vergelyk word met ’n wyse man wat sy huis op ’n soliede rots bou
Verken Mattityahu 7:24
4
Mattityahu 7:12
Alles wat jy wil hê ander mense vir jou moet doen, doen net so vir hulle, want dit is die Wet en die Profete.
Verken Mattityahu 7:12
5
Mattityahu 7:14
maar die hek is klein en die pad smal wat na die lewe lei en daar is min wat dit vind!
Verken Mattityahu 7:14
6
Mattityahu 7:13
Gaan in deur die nou hek, want die hek wat na vernietiging lei is breed en die pad wyd en baie gaan in
Verken Mattityahu 7:13
7
Mattityahu 7:11
As julle, alhoewel julle boos is, dan weet om goeie geskenke vir julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, aanhou om goeie dinge te gee vir die wat aanhou om Hom te vra!
Verken Mattityahu 7:11
8
Mattityahu 7:1-2
“Moenie oordeel nie sodat julle nie geoordeel word nie, want volgens die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word en met die maat waarmee julle meet, sal dit vir julle uitgemeet word.
Verken Mattityahu 7:1-2
9
Mattityahu 7:26
Elkeen wat hierdie boodskappe van My hoor en dit nie gehoorsaam nie, sal vergelyk word met ’n dwase man wat sy huis op sand bou
Verken Mattityahu 7:26
10
Mattityahu 7:3-4
Waarom sien jy die splinter in jou broer se oog, maar die plank in jou eie oog merk jy nie op nie? Hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Laat my die splinter uit jou oog uithaal en let op, daar is ’n plank in jou eie oog?
Verken Mattityahu 7:3-4
11
Mattityahu 7:15-16
Pas op vir die vals profete! Hulle kom in skaapsklere na julle toe, maar van binne is hulle plunderende wolwe. Julle sal hulle aan hulle vrugte uitken. Pluk ’n mens druiwe van ’n doringbos of vye van distels?
Verken Mattityahu 7:15-16
12
Mattityahu 7:17
Net so dra elke goeie boom bruikbare vrugte, maar ’n waardelose boom dra verrotte vrugte.
Verken Mattityahu 7:17
13
Mattityahu 7:18
Dit is nie moontlik vir ’n goeie boom om verrotte vrugte te dra nie en vir ’n waardelose boom om bruikbare vrugte te dra nie.
Verken Mattityahu 7:18
14
Mattityahu 7:19
Elke boom wat nie bruikbare vrugte dra nie, word uitgekap en val in die vuur.
Verken Mattityahu 7:19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's