MATTEUS 7:14
MATTEUS 7:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
MATTEUS 7:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoe nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie! Min is die mense wat dit kry!”
MATTEUS 7:14 Bybel vir almal (ABA)
Maar die hek na die ewige lewe is klein, en dit is nie maklik om op hierdie pad te loop nie. Min mense kry hierdie pad en loop daarop.”
MATTEUS 7:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
MATTEUS 7:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
MATTEUS 7:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hoe nou is die poort en hoe smal die pad wat na die lewe lei! En daar is min wat dit vind.
MATTEUS 7:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
MATTEUS 7:14 Die Boodskap (DB)
Die pad wat na God se nuwe wêreld toe lei, is baie moeilik en ook bitter smal. Min mense loop daarop omdat dit groot opofferings vra. Aan die ander kant is die pad wat na die hel toe lei, maklik om op te loop en baie breed. Baie mense loop daarop. Span julle daarom in om op God se smal pad te bly stap.”