kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

oudergewoonte ...
saai 'n gedagte
oes 'n aksie
saai 'n daad
oes 'n gewoonte
saai 'n gewoonte
oes 'n karakter
saai 'n karakter
oes 'n lewenslot
– Ralph Waldo Emerson
(vrye Afrikaanse vertaling)
En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Lukas 22: 39-46
- My reis tydens Lydenstyd begin deur Jesus te volg, en ook sy gewoonte om na ‘n plek te gaan om te waak en te bid.
- Om Hom en sy gewoontes te wil volg, moet ek eers dink dat Hy en die lewe wat Hy lei wonderlik is. As ek besef dat sy lewe, en nie net wat Hy geleer het en die feit dat Hy gesterf het belangrik is nie, maar ook hoe Hy geleef het (Romeine 5:10), sal ek Hom wil volg.
- Sy gewoontes bring my in kontak met die krag van gewoontes en met my eie gewoontes.
- Ek word na ‘n plek geneem waar ek ‘n diep begeerte kry om soos Hy te lewe, maar ek besef ek sal dit nie self kan regkry nie — hy sal my moet help.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

How to Know Jesus Personally – Start Your Faith Journey Today

10 F-Words for the Faith-Driven Entrepreneur

Is There Hope for My Marriage? One Good Reason to Stay Together

Pulse Check: Aligning Our Path to God’s Plans

Missionaries in the Marketplace

Connect With God Through Expression | 7-Day Devotional

Lessons From Ezra

Arid Hearts Lush Hearts

Pray, Lament, Worship and Repent With Psalm 25
