kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Net stadig met my saamloop, Heer
“Abba” – dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.” – Markus 14:36
Jesus het juis gekom vir dit wat nou vir Hom voorlê. Eintlik maak sy versoek nie sin nie, tog vra Hy: “Vat hierdie asseblief weg”. Natuurlik wil ons ook dikwels soos Jesus eerder nie die moeilike pad van lyding stap nie. Dis bloot menslik. Sou ‘n fisieke uitkoms, genesing of ‘n oplossing in tye van lyding nie gebeur of kom nie, is daar vertroosting in die “stadig met Hom saamloop”. Vir die volgende 40 dae word jy genooi om saam met Hom deur sy lyding te loop. Elke week word afgesluit met ‘n nadenke oor jou week se gebeure en ervarings op die reis.
Doen ‘n nadenkende gebed waar jy terugkyk na jou week. Wat het by jou gebly? Waaroor wonder jy?
Staan veral stil by oomblikke in jou week waar jy vertroosting beleef het of naby aan God gevoel het. Wat het hierdie oomblikke jou van God gewys?
Let dan ook op tye waar jy in kontak gekom het met ervarings van lyding. Sou jy so voel, bring dit weer voor die Here.
Jy is welkom om soos wat jy nadink, terug te gaan na ‘n Skrifgedeelte, die gedig of ‘n woord of frase in die oordenking, om jou geheue te verfris.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Heaven (Part 3)

Kingdom Parenting

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Experiencing Blessing in Transition
