kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

… volgens gewoonte
En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan – Lukas 22:39
As ek agterkom wat die groot gewoontes van my lewe is en hoe dit my lewe vorm en bepaal, loop ek my vas in gewoontes wat nie goed is vir my nie. As dit ‘n gewoonte is waaroor die mense wat naby aan my lewe kla, is dit heel moontlik ‘n verslawing. Dit beteken dat dit iets is wat ek nie net met ‘n besluit om dit nie meer te doen, kan regkry nie.
Tog is een van die kragtigste maniere om ‘n slegte gewoonte te breek, om dit te vervang met ‘n goeie gewoonte. Deur dit wel reg te kry om nie meer ‘n slegte gewoonte te beoefen nie beteken dikwels dat die verslawing net ingeruil word vir iets anders, soos byvoorbeeld om alkohol te verruil vir kafeïen en nikotien. Daar is iets beter wat kan gebeur as daar ‘n goeie gewoonte tot stand kom.
Selfs goeie gewoontes kan hul positiewe vormende potensiaal verloor. Die entoesiasme, energie en opgewondenheid aan die begin word vervang deur voorspelbaarheid, moegheid en verveling. Dit beteken nie noodwendig dat die gewoonte sy vervaldatum bereik het nie. Dit kan ‘n tyd van onderskeiding vra waarin ek net weer kan kyk na hoekom ek dit doen en hoe ek dit doen.
Ek kan kontak verloor met die hoekom en vasgevang word in die daad, terwyl ek alles uiterlik reg doen, sonder om werklik teenwoordig te wees en die voorneme te hê om by Hom te wees en te ontwaak tot sy teenwoordigheid en werk in my lewe.
Oefening
Vra Hom om jou bewus te maak (te laat sien, raaksien, besef, herinner) aan en van …
- ‘n gewoonte wat jy nodig het om te ontwikkel ten spyte van ander slegte gewoontes,
- die groot gewoontes van jou lewe wat jy kan laat herleef.
Deel nou met Hom wat jy oor jou ervaring dink en voel.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Heaven (Part 3)

Kingdom Parenting

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Experiencing Blessing in Transition
