kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

‘n Plek van …
Daar het so baie met Jesus in die tuin gebeur, die plek waarna Hy uit gewoonte gegaan het. Hier het Hy Hom afgesonder, gebid, gewroeg, bloed gesweet, maar ook oorgegee. Alles laat gaan en net gewees. Dit is ‘n plek van inspanning, maar ook van ontspanning, van werk en rus, gee en ontvang.
Die plek wat ons nodig het is nie net ‘n geografiese (fisiese) plek nie. Die plek is ook ‘n spasie in ons waar ons tyd het. Dit is ‘n plek waar verpligtinge, verantwoordelikhede en spertye eenkant gesit word. Dit is ‘n plek waar daar ‘n spasie in die siel oopgaan, waar ons leeg en oop kan wees om te kan ontvang. Dit is ‘n spasie in vorm, tyd en van die siel. Dit is nie ‘n ontvlugting nie, maar ‘n toevlug. ‘n Toevlug is ‘n plek van rus, verkwikking en beskerming. Dit is die getuienis van baie gelowiges deur die eeue.
Dit is die plek waar goed met jou gebeur, buite gedagtes. Goed wat jy nie kan verstaan nie. Deur net in stilte saam met Hom te wees, sal daar ‘n wete, 'n oortuiging en ‘n gevoel ontstaan dat Hy God is.
Wees stil en weet dat Ek God is.
Wees stil en weet…
Wees stil…
Wees…
– Psalm 64:11
Oefening
- Wy nou die volgende paar minute wat jy saam met Hom het aan Hom toe. Deel jou voornemens en begeertes om net saam met Hom te wees met Hom.
- Wees net … soos jy kan … met Hom (10 minute?)
- Dank Hom dat jy so saam met Hom kan wees en vra Hom vir dit wat jy nodig het vir die dag.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

God in 60 Seconds - Friendship

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

Peace Over Panic: A 5-Day Devotional for Anxious Hearts

Notice When You've Stopped Noticing God

Hero Worship

Heaven (Part 3)

My Little Heart

God in 60 Seconds - Money

Returning Home: A Journey of Grace Through the Parable of the Prodigal Son
