kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

… ‘n plek
Hy het … na die Olyfberg gegaan – Lukas 22:39
‘n Plek speel ‘n belangrike rol in die vorming van ons gewoontes. Ons doen alles wat ons doen op ‘n spesifieke plek. Die ervaring lê nie net in ons innerlike nie, maar ook op ‘n uiterlike plek.
Jesus het sekere plekke gehad wat vir Hom belangrik was — die berge, die see, die wildernis, die sinagoge, en andere. Jesus het sy volgelinge genooi om saam met Hom na sekere plekke toe te gaan, maar Hy nooi hulle ook om hulle eie plekke te kry en in te rig vir afsondering.
“As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry.” – Matteus 6:6 [Die Boodskap]
Om ‘n plek te kry is van groot belang. Om gereeld die plek te besoek is dalk van groter belang. Jesus het waar ook al Hy was, daagliks ‘n plek gekry om af te sonder. Hier het Hy homself in die tuin, net ‘n klipgooi weg van sy dissipels, afgesonder (Lukas 22:41). Hy het ook weekliks die sinagoge besoek (Lukas 4:15,31) en van tyd tot tyd die ander plekke van betekenis in sy lewe.
By hierdie plekke wat Hy volgens gewoonte besoek het, het iets met Hom gebeur. Daar het nie elke keer iets besonders met Hom gebeur nie, maar in die tyd van groot uitdagings het ‘n engel Hom versterk (Lukas 22:43). Ons kan die invloed van die ervaring sien in sy optrede nadat Hy terugkeer na sy dissipels.
As jy die plekke kan herken en skep wat op 'n unieke manier goed is vir jou, kan jy mettertyd ervaar dat jy versterk word en met ‘n nuwe bewussyn leef dat Hy by jou is. Begin só lewe. Dit verander jou ingesteldheid en die atmosfeer waarmee jy leef.
Oefening
- Besoek jou daaglikse plek asof dit die eerste keer is dat jy daar kom. Kyk mooi na die plek en kyk of jy iets kan ontdek wat jy nie voorheen gesien het nie. Is daar dalk iets wat jy wil wegvat of inbring in die spasie?
- Dink aan plekke van besonderse waarde vir jou. Wat gebeur met jou as jy daar kom? Kan jy meer doelgerig wees om hierdie plekke te besoek en pelgrimsreise te beplan om hulle te besoek?
Deel nou met Hom wat jy oor jou ervaring dink en voel.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Heaven (Part 3)

Kingdom Parenting

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Experiencing Blessing in Transition
