kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

… volgens gewoonte
En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan – Lukas 22:39
Jesus het gewoontes gehad. Dinge wat Hy by herhaling gedoen het. Dit was vasgelegde patrone van gedrag. Aksies wat Hy gekies het om gewoontes mee te vorm. Ons het ook gewoontes, want daar is ook dinge wat ons by herhaling doen. Miskien staan jy elke dag op dieselfde tyd op. Miskien begin jy elke dag met ‘n koppie koffie om jou wakker te maak. Jy eet dalk sekere kos op ‘n spesifieke plek. Miskien is jy nie eers bewus daarvan dat jy hierdie gewoontes het nie. Uit al die dinge wat jy doen terwyl jy vir 16 ure van die dag wakker is, is daar dalk net 6 ure waarvan jy totaal bewus is. Die res vind outomaties plaas.
Dit is belangrik om bewus te wees van die dinge wat ons uit gewoonte doen, want dit vorm ons. Ons word dit wat ons herhaaldelik doen. Jesus was bewus van sy gewoontes. Hy het sekere dinge gekies en Hy het die dinge wat Hy gekies het op ‘n bepaalde manier gedoen. Die uitnodiging wat Hy aan sy volgelinge gerig het, was nie net om in Hom glo nie, maar ook om sy manier van doen en sy gewoontes aan te leer. Dit beteken dat ons nie net dit wat Hy vir ons gedoen het moet glo en aanvaar nie, maar dat ons Hom ook moet navolg in wat Hy gedoen het en hoe Hy dit gedoen het. (Romeine 5:10)
Oefening
Vra Hom om jou bewus te maak (te laat sien, raaksien, besef, herinner) aan en van …
- die groot gewoontes in jou lewe,
- die invloed van die gewoontes op jou lewe.
Deel nou wat jy dink en voel oor jou ervaring met Hom.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Heaven (Part 3)

Kingdom Parenting

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Experiencing Blessing in Transition
