kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Vat my klam hande
Hy sê vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe!” – Markus 14:34a
Jesus is besig om voor te berei vir sy dood. Hy is besig om dit te verwerk en ‘n manier te vind hoe om hierdie lyding in te gaan en deur te gaan. Hy kon die karakter van die onwrikbare held aangeneem het. Hy kon die emosielose of altyd gelykmatige mentor gewees het, maar ons leermeester en voorbeeld is volledig mens en erken eerlik: “Ek is so benoud ek kan doodgaan.” Hoe is dit vir jou om te besef dat Jesus so gevoel het? Ek wonder, was dit dalk juis nodig om aan sy dissipels, sy vriende, hierdie kykie in sy hart te gee, nie net vir hulle onthalwe nie, maar ook vir Syne?
Hy vra beide vir sy vriende en vir God om ondersteuning en hulp. Vir wie vra ons in die realiteit van swaarkry en lyding om ons klam hande te vat? Ons kan direk met God so ‘n gesprek hê waar ons ons harte uitstort en uitroep, “Dis te veel!” Maar God werk oor deur sy liggaam, die gemeenskap van gelowiges. Hoe kan ons mekaar se klam hande vat, uitroepe van benoudheid hoor, en vashou?
Gebruik jou wysvinger om stadig jou ander hand se buitelyn te omtrek. Vryf dan jou palm met jou duim. Maak stywe vuiste met beide hande en laat gaan hulle weer na ‘n paar sekondes.
Dink aan hoe spanning en benoudheid dikwels in jou hande wys.
Vra vir die Here vir die vermoë en vertroue om jou klam hande, hande van benoudheid, in syne te sit. Soos wat jy dit doen, draai jou hande dat jou oop palms na bo wys.
Besluit nou saam met wie jy hierdie reis wil aanpak. Vind ‘n geestelike gespreksgenoot of groep waarmee jy jou ervarings weekliks kan deel.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Heaven (Part 3)

Kingdom Parenting

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Experiencing Blessing in Transition
