kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Vryf my hart
Toe pak ’n geweldige ontsteltenis en benoudheid Hom34en Hy sê vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe! Bly hier en waak!”35Hy het toe ’n entjie verder gegaan en op die grond neergeval en gebid dat, as dit moontlik was, die verskriklike uur wat aan die kom was, by Hom sou verbygaan.36“Abba” – dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.” Markus 14:33b-36.
Jesus weet wat kom. Sy uur kom nader. Hy leef met ‘n bewustheid dat sy lyding gaan vererger en dat sy dood nader kom. Dalk het Hy sekere negatiewe emosies tot op hierdie punt ervaar, maar nou is daar ‘n dringende, oorweldigende staar-dit-in-die-gesig onstuimigheid in sy hart. Hy ontken dit nie. Hy minimaliseer dit nie. Hy probeer nie daarvan ontsnap nie. Hy gaan na ‘n plek waar Hy daarmee kan sit en dit werklik kan voel. Hier kan Hy sy pyn verwoord in die veilige ruimte van ‘n gesprek met God.
Dikwels wil ons iets ontken of daarvan ontvlug, eintlik enigiets doen om nié te gaan sit en dit in die gesig te staar wat vir ons harte pyn veroorsaak nie. Veral wanneer ons harte in sό ‘n verstrengelde greep van angs is dat ons eintlik nie meer kán voel nie, vra dit groot moed en kwesbaarheid om te gaan sit in Getsmane en te voel wat jy voel.
Dalk is die uitnodiging om ‘n plek van gebed in te rig vir die volgende 40 dae. ‘n Plek waar jy dit wat jy êrens weggebêre het, weer kan voel, te besef dat daar iets daar is en te vra: “God, raak my aan… kom vryf oor my hart.”
Wag vanaand tot donker en gaan sit dan by jou gebedsplek.
Hoe voel dit om te weet dat Jesus by jou sit en jόu waarneem? Hy kyk na jou. Hy voel jou emosies aan. Hy ken jou hart.
Vra vir Hom vir die moed om nou, en vir die reis wat voorlê, in kontak te bly met wat jy voel en dit in gesprek na Hom te bring.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Multivitamins - Fuel Your Faith in 5-Minutes (Pt. 3)

Moses: A Journey of Faith and Freedom

Live the Word: 3 Days With Scripture

Connecting With the Heart of Your Child

A Mother's Heart

Messengers of the Gospel

40 Rockets Tips - Workplace Evangelism (31-37)

Sowing God's Word

Peter, James, and John – 3-Day Devotional
