Wie Is God?Sample

Wat bid jy met die laaste drie bedes? — Die belydenisskrifte
Heidelbergse Kategismus 125-129
125 Vraag: Wat is die vierde bede?
Antwoord: Gee ons vandag ons daaglikse brood. Dit is: Versorg ons met alles wat vir die liggaam nodig is (a), sodat ons daardeur erken dat U die enigste Bron is van alles wat goed is (b), en dat al ons sorge en arbeid en ook u gawes sonder u seën ons nie kan baat nie (c). Gee daarom dat ons ons vertroue van alle skepsele aftrek, en op U alleen stel (d).
(a) Psalm 145:15; 104:27; Matteus 6:26. (b) Jakobus 1:17; Handelinge 14:17; 17:27. (c) 1 Korintiërs 15:58; Deuteronomium 8:3; Psalm 37:16; 127:1, 2. (d) Psalm 55:23; 62:11; 146:3; Jeremia 17:5, 7.
126 Vraag: Wat is die vyfde bede?
Antwoord: Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe. Dit is: Reken ons, arme sondaars, al ons misdade asook die boosheid wat ons nog aankleef, ter wille van die bloed van Christus, nie toe nie (a). Ons bid dit van U omdat ons hierdie bewys van u genade in ons vind: dat ons die ernstige voorneme het om ons naaste van harte te vergewe (b).
(a) Psalm 51:3; 143:2; 1 Johannes 2:1; Romeine 8:1. (b) Matteus 6:14
127 Vraag: Wat is die sesde bede?
Antwoord: En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Dit is: Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie (a). Daarby hou ons doodsvyande, die duiwel (b), die wêreld (c) en ons eie sondige natuur (d), nie op om ons aan te val nie. Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou en versterk, sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en in hierdie geestelik stryd nie
beswyk (e) nie, totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal (f).
(a) Johannes 15:5; Psalm 103:14. (b) 1 Petrus 5:8; Efesiërs 6:12. (c) Johannes 15:19. (d) Romeine 7:23; Galasiërs 5:17. (e) Matteus 26:41; Markus 13:33. (f) 1 Tessalonisense 3:13; 5:23.
128 Vraag: Hoe sluit jy jou gebed af?
Antwoord: Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Dit is: Ons bid dit alles van U omdat U as ons Koning, wat mag oor alles het, ons alle goeie dinge wil en kan gee (a) sodat daardeur nie ons nie, maar u heilige Naam ewig geprys sal word (b).
(a) Romeine 10:12; 2 Petrus 2:9. (b) Johannes 14:13; Jeremia 33:8, 9; Psalm 115:1.
129 Vraag: Wat beteken die woord Amen?
Antwoord: Amen wil sê: Dit is waar en seker. Want my gebed is baie sekerder deur God verhoor as wat ek in my hart voel dat ek dit van Hom begeer (a).
(a) 2 Korintiërs 1:20; 2 Timoteus 2:13.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die Ons Vader.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
