YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 313 OF 364

Wat bid jy met die laaste drie bedes? — Efesiërs 6:10-18

Paulus fokus op die krag van God in die publieke stryd om standvastig te bly in en vir die evangelie van Jesus Christus. Dit is ‘n geestelike stryd wat met die ideologieë en verstaansraamwerke van mense en sisteme te make het — polities, ekonomies, en kultureel — sowel as met die kosmiese magte wat daaragter sit. God se krag word ervaar in sewe geloofspraktyke, waarvan net een, die Woord, as aanvalswapen dien.

1. Dink na oor die rol wat die sewe geloofspraktyke in jou lewe speel: die waarheid, die vryspraak (geregtigheid), die bereidheid om die evangelie na mense te neem (getuienis), die geloof (die vertroue op God en die afhanklikheid van wat Hy doen wat die enigste manier is om die aanslag van die bose af te weer), die verlossing (redding), die Woord van God, dit is die swaard van die Gees, en die gebed (dit is allesomvattend: by elke geleentheid, gedurig, vir alle gelowiges, vir die evangelie).

2. Waarin moet jy nog groei? Hoe kan jy dit doen?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se krag wat in jou werk sodat jy vas kan staan in die stryd vir die evangelie.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Efesiërs 6 met die tema: Soek julle krag in die Here en sy groot mag.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More