Wie Is God?Sample

Wat bid jy met die laaste drie bedes? — Psalm 145:14-16
Psalm 145 bevestig God se betroubaarheid deur die eeue sowel as die goeie bedoelings wat Hy van altyd af het vir sy mense, trouens vir alle mense. God se groot goedheid is daarom lofwaardig vir ewig. Sy besondere beloftes verryk die lewe vir ewig.
1. Dink terug oor jou lewe en loof die Here vir sy betroubaarheid en goeie bedoelings met jou.
2. Dink aan jou behoeftes en begeertes en lê dit aan die Here voor sodat Hy dit in sy wysheid kan bevredig.
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan God se sorg te herinner.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 145 met die tema: Die Here is goed vir almal.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
