YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 312 OF 364

Wat bid jy met die laaste drie bedes? — 1 Korintiërs 10:12-13

Paulus is besig om die Korintiërs aan te moedig om die Christelike wedloop só te hardloop dat hulle die wenpaal kan behaal. Hy spoor hulle aan met die voorbeeld van die volk van Moses wat ten spyte van al die voorregte wat God hulle in die woestyn gegee tog nie die wenpaal, die intog in die beloofde land, bereik het nie. Dit moenie van hulle waar wees nie. Hulle moet spesifiek nee sê vir die versoekings van gulsigheid, onsedelikheid, afgodediens, ondankbaarheid en verset teen God se gesag. Maar daarmee saam skets hy die pad uit die versoekings. God sal nie toelaat dat ’n mens versoekings kry wat jy nie in staat is om te weerstaan nie, want Hy sal saam met die versoekings ook die uitkoms gee, sodat jy dit kan weerstaan. Jy moet op die uitkyk wees vir die uitkoms uit versoeking en dit aangryp!

1. Dink na oor hierdie tipe versoekings in jou lewe. Waar en wanneer was dit vir jou moeilik om daarvoor nee te sê? Was daar ‘n uitkoms ... maar jy het eerder vir die versoeking geval? Wat leer jy daaruit?

2. Dink ná oor die kere wat jy in versoeking gekom het ... dat die Here ‘n uitkoms gegee het ... en jy God-sy-dank die uitkoms aangegryp het. Wat leer jy daaruit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God vir jou sorg en vir jou uitkoms uit versoekings sal gee.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Korintiërs 10 met die tema: Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More