Wie Is God?Sample

Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes?
1. Wat bid jy met die eerste drie bedes in die Ons Vader — Matteus 6:9-10?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Dat ons U reg sal ken. Dat U ons deur u Woord en Gees sal regeer. Dat almal hulle eie wil prysgee. Ek bid dat almal U sal heilig, roem en prys in al u werke. Ek bid dat almal hulle hoe langer hoe meer aan u koningsheerskappy sal onderwerp. Ek bid dat almal u wil sonder teëpratery sal gehoorsaam, want u wil alleen is goed.
3. Lees die verhaal van Jesus se gebed in Getsemane in Matteus 26:36-46. Wat tref jou?
4. Lees my beskrywing daarvan. Hoe help dit jou om die gebed om God se wil beter te verstaan?
Jesus lê sy eie wil neer in gebed al kos dit Hom die kruisdood. In die eerste deel van die Ons Vader bid ons dat God bó alles belangrik sal wees. Jesus wys vir ons hoe dit werk toe Hy in Getsemane bid vir krag om God se wil te doen. Hy was baie ontsteld en benoud en het met sy gesig plat teen die grond gebid dat hierdie lydensbeker van Hom weggeneem sal word. “Doen nogtans nie soos Ék wil nie, maar soos Ú wil.” Drie keer het Hy só gebid tot Hy vrede gekry het om God se wil te doen, al sou dit Hom die kruisdood kos.
5. Sluit af deur die Ons Vader te bid in jou eie woorde.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
