Wie Is God?Sample

Vraag 37 Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie?
1. Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Hulle sal hulle eie skuld erken en verwyder word van God se teenwoordigheid om regverdig gestraf te word vir altyd. Die wat glo in Jesus Christus sal vir altyd lewe in God se teenwoordigheid. Dié wat aan Hom ongehoorsaam is, sal nooit die ewige lewe ervaar nie. Die ontsettende vonnis van veroordeling sal op die laaste oordeelsdag oor hulle voltrek word.
3. Lees Jesus se verduideliking van die oordeelsdag in Matteus 13:24-30, 36-43. Wat tref jou?
4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.
Die onkruid word verbrand; die koring word in die skuur bymekaar gemaak
Jesus het ’n ander gelykenis vertel. God se koningsheerskappy is soos ’n man wat goeie saad op sy land gesaai het. Sy vyand het onkruid tussen die koring gesaai. Die man laat albei toe saamgroei tot oestyd. Met die oestyd maak hy eers die onkruid bymekaar om verbrand te word. Die koring word bymekaar gemaak in sy skuur. Só sal die ongelowiges ná hulle dood hulle eie skuld erken en verwyder word van God se teenwoordigheid om regverdig gestraf te word vir altyd. Dié wat aanhou glo in Jesus, sal vir ewig saam met God lewe.
5. Lees die Heidelbergse Kategismus 11, 52, en 84. Dink na oor die betekenis van die oordeelsdag vir alle mense.
11 Vraag: Is God dan nie ook barmhartig nie?
Antwoord: God is wel barmhartig (a); maar Hy is ook regverdig (b). Daarom eis sy geregtigheid dat die sonde wat teen die allerhoogste majesteit van God gedoen is; ook met die swaarste straf gestraf moet word — dit is met die ewige straf aan liggaam en siel.
(a) Eksodus 34:6, 7; 20:6. (b) Psalm 7:10; Eksodus 20:5; 23:7; 34:7; Psalm 5:5, 6; Nahum 1:2, 3.
52 Vraag: Hoe word jy getroos deur die wederkoms van Christus om die lewendes en die dooies te oordeel?
Antwoord: Dat ek in alle droefheid en vervolging dieselfde Persoon met gespanne verwagting as Regter uit die hemel verwag (a) wat Hom tevore in my plek voor die regbank van God gestel en alle vervloeking van my weggeneem het. Verder: dat Hy al sy en my vyande in die ewige verdoemenis sal werp (b), maar my, saam met al die uitverkorenes, na Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid saamneem (c).
(a) Filippense 3:20; Lukas 21:28; Romeine 8:23; Titus 2:13; 1 Tessalonisense 4:16. (b) Matteus 25:41; 2 Tessalonisense 1:6. (c) Matteus 25:34; 2 Tessalonisense 1:7.
84 Vraag: Hoe word die koninkryk van die hemel deur die verkondiging van die heilige evangelie oop- en toegesluit?
Antwoord: Volgens die bevel van Christus word aan die gelowiges gesamentlik en afsonderlik verkondig en openlik betuig dat al hulle sondes hulle waarlik deur God ter wille van die verdienste van Christus vergewe is so dikwels as wat hulle die belofte van die evangelie met 'n ware geloof aanneem. Daarenteen word aan al die ongelowiges en huigelaars verkondig dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus solank hulle hulle nie bekeer nie (a). Volgens hierdie getuienis van die evangelie sal God sowel in hierdie as in die toekomstige lewe oordeel.
(a) Johannes 20:21-23; Matteus 16:19.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
