YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 254 OF 364

Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? — Johannes 3:31-36

1. Wat leer Jesus jou hier oor die gesag waarmee Hy praat en die volmag wat Hy oor die ewige lewe en die dood het?

2. Watter rol speel geloof en gehoorsaamheid in die ervaring van die ewige lewe? Wat is die lot van dié mense wat aan Jesus ongehoorsaam is en dus nie in Hom bly glo nie?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat jy die ewige lewe in Jesus het en dat die Gees aan jou gegee is om jou daaraan te herinner.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Johannes 3 lees met die tema: As iemand nie van bo-af gebore word nie.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More