Wie Is God?Sample

Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? — 2 Petrus 2:1-10
1. Petrus skets ‘n ontstellende prentjie van die vernietigende effek van dwaalleringe op die mensdom. Wat leer die twee verhale van die oordeel oor die engele in die tyd van Noag en die oordeel oor die mense van Sodom en Gomorra in die tyd van Lot jou van God se reaksie op sonde? Hoe beïnvloed dit jou denke oor God? En oor dwaalleringe?
2. Die evangelie van die gedeelte is dat die Here op twee maniere reageer op dwaling. Hy red dié wat naby Hom leef. Hy straf dié wat ‘n verkeerde lewe lei. Watter troos is daarin vir jou? Wat vra dit van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God dié red wat naby Hom leef. Wy jouself opnuut toe aan die Here.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 2 Petrus 2 met die tema: Wees versigtig vir vals profete en leraars.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Letter to the Philippians

How to Love Your Work and God

Lighting Up Our City Video 2: Avoiding Insider Language

Faith in Action: A Journey Through James

Life@Work - Sharing Your Faith in the Workplace

The Discipline of Study and Meditation

How to Love Like Jesus

How Is It With Your Soul?

My Problem With Prayer
