YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 251 OF 364

Word alle mense gered deur Christus se verlossing? — Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Geloofsbelydenis van Athanasius 41-44, die Nederlandse Geloofsbelydenis 16, die Heidelbergse Kategismus 20 en 30, die Dordtse Leerreëls 1.1.5; 1.1.9; 1.1.13; 1.2.8; 2.1.5; 2.2.5 en die Westminster Geloofsbelydenis 3. Wat leer jy oor die betekenis van Jesus se verlossing vir alle mense? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Geloofsbelydenis van Athanasius 41-44

41. By sy koms sal alle mense, met hulle liggame, opstaan

42. en van hulle eie werke moet rekenskap gee.

43. En die wat goed gedoen het, sal die ewige lewe ingaan, maar die wat sonde gedoen

het, in die ewige vuur.

44. Dit is die algemene geloof; en as iemand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig kan word nie.

Nederlandse Geloofsbelydenis 16

DIE EWIGE VERKIESING VAN GOD

Ons glo dat God, toe die hele geslag van Adam deur die sonde van die eerste mens in die verderf en ondergang gestort is, Hom betoon het soos Hy is, naamlik barmhartig en regverdig. God is barmhartig, aangesien Hy dié wat Hy uitverkies het, uit hierdie verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in Jesus Christus, ons Here. God is regverdig deurdat Hy die ander in hulle val en verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het.

Romeine 3:12; 9:16; Deuteronomium 32:8; 1 Samuel 12:22; Psalm 65:5; Maleagi 1:2; 2 Timoteus 1:9; Romeine 9:29; Titus 3:4-5; Efesiërs 1:4-5; Romeine 11:5; Handelinge 2:47; 13:48; 2 Timoteus 2:20; Romeine 9:11; 1 Petrus 1:2; Romeine 9:21; Johannes 6:27, 44; 17:9,12; Johannes 13:9; 15:16; Romeine 11:34-35; Johannes 18:20; 15:19; Titus 1:1; Efesiërs 1:3; Johannes 10:29; Matteus 15:24; 20:23.

Heidelbergse Kategismus 20, 30

20 Vraag: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het?

Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur 'n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).

(a) Matteus 7:14; 22:14. (b) Markus 16:16; Johannes 1:12; 3:16, 18, 36; Jesaja 53:11; Psalm 2:12; Romeine 11:20; 3:22; Hebreërs 4:3; 5:9; 10:39; 11:6.

30 Vraag: Glo die mense wat hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser, Jesus?

Antwoord: Nee, maar hulle verloën met die daad die enigste Verlosser as Heiland, Jesus, alhoewel hulle met die mond in Hom roem (a). Slegs een van twee dinge is immers moontlik: of Jesus is nie 'n volkome Verlosser nie, of die wat hierdie Verlosser met 'n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is (b).

(a) 1 Korintiërs 1:13, 30, 31; Galasiërs 5:4..(b) Hebreërs 12:2; Jesaja 9:6; Kolossense 1:19, 20; 2:10; 1 Johannes 1:7.

Dordtse Leerreëls 1.1.5; 1.1.9; 1.1.13; 1.2.8; 2.1.5; 2.2.5

Hoofstuk 1: GODDELIKE UITVERKIESING EN VERWERPING

1.1.5 Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter 'n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Efesiërs 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Filippense 1:29).

1.1.9 Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Efesiërs 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie.

1.1.13 Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur 'n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te wandel.

1.2.8 Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: God het oor niemand bloot kragtens sy regverdige wil besluit om hom in die val van Adam en in die gemeenskaplike staat van sonde en verdoemenis te laat bly nie. Ook het Hy in die gee van die genade wat vir die geloof en bekering nodig is, besluit om niemand verby te gaan nie.

Die Sinode leer: Dit staan vas: Hy is barmhartig oor wie Hy wil, en Hy verhard wie Hy wil (Romeine 9:18), en: Die is aan julle gegee om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie (Matteus 13:11), en: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir die wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, so was dit u welbehae (Matteus 1:25,26).

Hoofstuk 2: DIE DOOD VAN CHRISTUS EN DIE VERLOSSING VAN DIE MENSE DEUR SY DOOD

2.1.5 Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof.

2.2.5 Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Alle mense is in die staat van die versoening en in die genade van die verbond opgeneem, sodat niemand vanweë die erfsonde aan die verdoemenis skuldig is of verdoem moet word nie, maar dat alle mense van hierdie sondeskuld vry is.

Die Sinode leer: Hierdie mening is in stryd met die Skrif wat verklaar dat ons van nature kinders van die toorn is (Efesiërs 2:3).

Westminster Geloofsbelydenis 3

God se Ewige Besluite

1. Van alle ewigheid af en deur die volkome wyse en heilige doel van sy eie wil, het God vrylik en onveranderlik bepaal wat ook al gebeur. 1 Hierdie verordening beteken egter nie dat God die outeur van sonde is nie (hy is nie), 2 dat hy die wil van sy geskape wesens onderdruk, of dat hy die vryheid of gebeurlikheid van sekondêre oorsake wegneem. Die wil van geskape wesens en die vryheid en gebeurlikheid van sekondêre oorsake word eerder deur hom vasgestel. 3

1. Efesiërs 1.11, Romeine 11.33, Hebreërs 6.17, Romeine 9.15,18, Handelinge 4.27-28, Matteus 10.29-30, Efesiërs 2.10, Jesaja 45.6-7.

2. Jakobus 1.13-14, 17, 1 Johannes 1.5, Prediker 7.29, Psalm 5.4.

3. Handelinge 2.23, Matteus 17.12, Handelinge 4.27-28, Johannes 19.11, Spreuke 16.33, Handelinge 27.23-24, 34, 44.

2. Alhoewel God weet wat ook al onder alle moontlike omstandighede mag of kan gebeur, 4 het hy niks bestel nie omdat hy dit in die toekoms voorsien het as iets wat onder sulke omstandighede sou gebeur. 5

4. Handelinge 15.18, 1 Samuel 23.11-12, Matteus 11.21,23, Psalm 139.1-4, Spreuke 16.33.

5. Romeine 9.11,13, 15-16, 18, 2 Timoteus 1.9, Efesiërs 1.4-5.

3. Ten einde sy heerlikheid te openbaar, het God beveel dat sommige mense en engele voorbestem moet word tot die ewige lewe 6 en dat dit voorafbepaal is dat ander die ewige dood moet kry 7

6. 1 Timoteus 5.21, Matteus 25.31,41, Handelinge 13.48, Romeine 8.29-30, Johannes 10.27-29, Markus 8.38, Judas 6.

7. Romeine 9.22-23, Efesiërs 1.5-6, Spreuke 16.4, Matteus 25.41, Judas 4.

4. Hierdie voorbestemming en voorafbepaling van engele en mense is presies en onveranderlik. Die aantal en identiteit van engele en mense in elke groep is seker, definitief en onveranderlik. 8

8. 2 Timoteus 2.19, Johannes 13.18, 10.14-16, 27-29, 6.37-39, Handelinge 13.48, Johannes 17.2,6,9-12.

5. Voor die skepping van die wêreld, 9 volgens sy ewige, onveranderlike plan 10 en die verborge doel en welbehae van sy wil, 11 het God in Christus 12 diegene uit die mensdom uitverkies wat voorbestem is tot lewe en tot ewige heerlikheid.13 Hy het het dit uitsluitlik uit sy eie barmhartigheid en liefde en volkome tot lof van sy wonderlike genade gedoen.14 Hierdie keuse was heeltemal onafhanklik van sy voorkennis van hoe sy geskape wesens sou wees of optree. Nóg hulle geloof nóg goeie werke nóg volharding het enige aandeel gehad om sy keuse te beïnvloed. 15

9. Efesiërs 1.4.

10. Efesiërs 1.11.

11. Efesiërs 1.9.

12. 2 Timoteus 1.9.

13. Romeine 8.30, 1 Tessalonisense 5.9, 1 Petrus 5.10.

14. Efesiërs 1.5-6, 12.

15. Romeine 9.11, 13, 15-16, Efesiërs 1.4,6,9, 2 Timoteus 1.9, Efesiërs 2.8-9.

6. Net soos God bepaal het dat die uitverkorenes verheerlik sal word, so het Hy ook in die ewige en volkome vrye doel van sy wil al die middele waarvolgens daardie uitverkiesing tot stand gebring word, vooraf bepaal. 16 En so word diegene wat uitverkies is, nadat hulle in Adam geval het, deur Christus verlos. 17 Hulle word daadwerklik tot geloof in Christus geroep deur sy Gees wat op die regte tyd in hulle werk, 18 en hulle word geregverdig, 19 aangeneem, 20 geheilig, 21 en deur sy krag deur geloof bewaar en gered. 22 Slegs die uitverkorenes, en geen ander nie, word deur Christus verlos, daadwerklik geroep, geregverdig, aangeneem, geheilig en gered. 23

16. 1 Petrus 1.2, Efesiërs 1.4-5, 2.10, 2 Tessalonisense 2.13.

17. 1 Tessalonisense 5.9-10, Titus 2.14, Romeine 5.19.

18. Romeine 9.11, 2 Tessalonisense 2.13-14, 1 Korintiërs 1.9.

19. Romeine 8.30.

20. Efesiërs 1.5.

21. 2 Tessalonisense 2.13, Efesiërs 1.4, 1 Tessalonisense 4.3.

22. 1 Petrus 1.5, Johannes 10.28.

23. Johannes 17.9, Romeine 8.28-39, Johannes 6.64-65, 8.47, 10.26, 1 Johannes 2.19, Handelinge 13.48.

7. Volgens die verborge doel van sy eie wil, waardeur hy na sy welbehae barmhartigheid aanbied of weerhou, en ter wille van die heerlikheid van sy soewereine mag oor sy skepsels, het dit God behaag om nie die res van die mensdom te roep 24 en voorafbepaal om hulle te bestem vir oneer en toorn vir hulle sonde 25 tot lof van sy heerlike geregtigheid. 26

24. Matteus 11.25-26, 1 Petrus 2.8.

25. Romeine 9.14-22, Judas 4, Romeine 2.8-9, 2 Tessalonisense 2.10-12.

26. 2 Timoteus 2.19-20, Openbaring 15.3-4.

8. Hierdie belangrike en geheimsinnige uitverkiesingsleer moet met besondere diskresie en sorg behandel word, sodat, met aandag aan en gehoorsaamheid aan die wil van God wat in sy Woord geopenbaar is, die mense verseker kan wees dat hulle vir ewig uitverkies is uit die sekerheid van hulle effektiewe roeping. Sodoende sal die uitverkiesingsleer nie net ons lof, eerbied en bewondering vir God ontlok nie, maar ook 'n nederige en ywerige lewe, wat elkeen ten volle ondersteun wat opreg aan die evangelie gehoorsaam is. 27

27. Romeine 9.20, 11.33, Deuteronomium 29.29, 2 Petrus 1.10, Efesiërs 1.6, Romeine 11.5-6, 20, 8.33, Lukas 10.20, sien Algemene Nota.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die betekenis van Jesus se verlossing vir alle mense.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More