YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 250 OF 364

Word alle mense gered deur Christus se verlossing? — Romeine 5:12-21

1. Paulus verklaar dat alle mense weens die sondeval die dood verdien. Almal wat egter God se genadegeskenk van vryspraak ontvang deur Jesus Christus ontvang die ewige lewe. Hoe help dit jou om die uitverkiesing te verstaan?

2. Die uitverkiesing laat ons nou as regverdiges voor God staan met die ewige lewe wat vir ons wag. Watter effek het dit op jou lewenstyl hier en nou? Dink aan Romeine 6 wat net hierna spesifiek van ons vra om nie langer in sonde te lewe nie.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan om te volhard in die vryspraak wat God vir jou gegee het, want dit is die doel van jou uitverkiesing.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 5 met die tema: Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More