YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 249 OF 364

Word alle mense gered deur Christus se verlossing? — Johannes 15:1-8

1. Jesus is die ware druiwestok in kontras met Israel wat ‘n wilde druiwestok geword het. Dié wat aan Hom verbonde bly, soos Petrus, bly deel van die ware druiwestok en dié, soos Judas, wat van Hom afvallig word, word afgesny. Wat sê dit vir jou van die belangrikheid van jou blywende verbintenis aan Jesus?

2. Die klem lê hier op wat God deur Jesus regkry in die lewe van gelowiges. God is die boer, Jesus die druiwestok, uit wie die gelowiges as lote vrugte dra. Dié wat vrugte dra word skoon gesnoei sodat hulle nog meer vrugte kan dra. Wat sê dit vir jou van die sekerheid van jou uitverkiesing?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God self jou ingelyf het in Christus en dat jy kan staat maak daarop dat Hy jou sal skoon snoei om baie vrugte te dra.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Johannes 15 met die tema: Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More