YouVersion Logo
Search Icon

KykNET Lent GidsSample

KykNET Lent Gids

DAY 22 OF 39

Vriende van verbintenis

"TOE Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het — dat die Here Israel uit Egipte uitgelei het — het Jetro, Moses se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moses, geneem — nadat hy haar teruggestuur het — Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die Here aan die Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die Here hulle verlos het. En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe? Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het … '"
Eksodus 18:1-3,8,14,24 (AFR53).

Om ‘n verbintenis te maak – m.a.w kontak te maak en ‘n ruimte te skep waar daar erkenning en aanvaarding plaasvind, gebeur nie net vanself nie. Hier is ‘n paar dinge wat ons kan doen om ‘n verbintenis moontlik te maak:

· Belangstelling — Jetro was nie in sy eie wêreld vasgevang nie en toe hy die nuus van Moses hoor, het hy besluit om na hom te gaan om met hom 'n verbintenis te maak (Eksodus 18:1). Moses was oop daarvoor en het die raad van sy skoonvader ontvang, al het sy skoonvader nie sy geloof gedeel en ook nie so ‘n groot gemeente soos hy gehad nie (18:24).

  • Moed – Jetro het moed aan die dag gelê deur persoonlike vrae aan Moses te rig (18:14). Moses het ook die moed gehad deur Jetro te ontvang en na hom te luister. (18:24).
  • Kwesbaarheid – Moses en Jetro was beide kwesbaar deur te deel wat hulle voel (15:15,16).
  • Nederigheid – Moses was veral nederig deur te luister na sy skoonvader, wat baie minder ondervinding gehad het as dit kom by dit waarmee Moses besig was.

Jy word nou uitgenooi om te dink aan ‘n geleentheid waar jy diep verbintenis ervaar het. Let op die vriende in verbintenisse en kyk of jy hulle in die ontmoeting herken. Herken jy die karaktereienskappe van Jesus? Watter ander vriende is dalk ook vir jou belangrik? Hoe maak jy vriende deur verbintenisse?

Herhaalgebed:

Here, ek vra vir die genade van verbintenis en dialoog in my verhoudings.