KykNET Lent GidsSample

Vaardighede met verbintenisse
'"Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God"
Romeine 15:7 (AFR53)
Vir ‘n verbintenis om plaas te vind moet ek kontak maak en ‘n ruimte tot stand bring waar ek en die ander party albei voel ons word gesien, gehoor, gevoel en aanvaar. Dit beteken dat ek …
- … teenwoordig moet wees. Om teenwoordig te wees beteken dat ek in die eerste plek nie in my kop besig is met iets anders nie. Ek skenk al my aandag aan jou. Ek is teenwoordig vir jou met ‘n verbintenis aan myself. Ek is bewus van my eie teenwoordigheid. Ek is bewus van my emosies (vrees, woede, ens.), my begeertes (bv. wat ek van jou wil hê) en my eie liggaam (moegheid) of ander sensasies. Dit is ‘n breë en oop bewussyn. Ek dink nie aan alles nie, want dan is ek nie meer vir jou teenwoordig nie.
- … jou sien en na jou luister. Ek val jou nie in die rede nie en skaak nie jou storie deur te sê, "presies dieselfde het met my gebeur" of "iets baie groter het met my gebeur" nie. Oogkontak en gepaste aanraking bevorder die verbintenis. Om regtig te sien en te hoor is skaars. Dit verg oefening en tyd. As jy dit al ervaar het sal jy dit onthou, herken. Johannes die apostel was 90 jaar oud toe hy skryf van die eerste keer wat Jesus hom gesien en met hom gepraat het. (Johannes 1:40). Hy onthou die plek en dat dit vieruur die middag was. Hy was net 16 jaar oud.
- … jou aanvaar. Ek is nie daar om jou te red, te verander of reg te ruk nie. Dit kan een van die moeilikste take wees om iemand te aanvaar wat nie soos jy is nie. Vra almal wat getroud is en deur die verliefde stadium gegaan het waar die ego-grense verdwyn en die paartjie gevoel het dat hulle een is en mekaar onvoorwaardelik liefhet. Paulus gee die opdrag … Neem mekaar aan … soos Christus julle aangeneem het (Romeine 15:7).
Jy word uitgenooi om te dink aan ‘n diep verbintenis wat jy beleef het en te let op hoe die vaardighede teenwoordig was. Met watter vaardighede sal jy jou verbintenisse wil versterk en wat sal jy moet doen om dit reg te kry?
Herhaalgebed:
Here, ek vra vir die genade van verbintenis en dialoog in my verhoudings.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

Journey Through Exodus 1-19

Overnight Miracles Happen!

Reading With the People of God #14 Purpose

The Gospel of John

Numbers: A Faithful God to Unfaithful People | Video Devotional

Noah Unedited

Journey Through Numbers Part 2 and Deuteronomy

Divine Incursions (In the Life of Jacob)

Grow Through It: 7 Healing Practices That Cultivate Resilience a 7-Day Reading Plan by Essie Faye
