YouVersion Logo
Search Icon

KykNET Lent GidsSample

KykNET Lent Gids

DAY 24 OF 39

Naby vyande van verbintenisse

"Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie,
maar oorwin die kwaad deur die goeie"
Romeine 12:21.

‘n "Naby vyand" is teenstand, belemmering en bedreiging wat nie so maklik herkenbaar is as ‘n "ver vyand" nie. Beskeidenheid is byvoorbeeld ‘n naby vyand van nederigheid. Die ver vyand van nederigheid sal die teenoorgestelde wees, naamlik hoogmoed. Oënskynlik is die naby vyand naby aan die gewenste gehalte. Die waarheid is dat die naby vyand nog steeds ‘n vyand is. Alhoewel die vyande dieselfde kan voorkom en dit voel asof 'n verbintenis bevorder word, vernietig nabye vyande verhoudings en laat ons alleen en vol pyn. Ons kan dan dikwels voel dat daar fout met ons is, dat ons gemanipuleer word, of dat iets net nie reg is nie, maar dat ek nie my vinger daarop kan lê nie. Hier is ‘n paar naby vyande van verbintenisse:

  • Belangstelling word vervang met nuuskierigheid en om foute te vind, eerder as versoening en waardering.
  • Moed word vervang met ‘n stilswye en onvermoë om pyn en vrees te wys, dikwels weens ‘n vrees vir verwerping. Ons dra die masker en gee voor dat alles piekfyn is.
  • Kwesbaarheid word vervang met ‘n vertolking wat aanvaarbaar sal wees vir die ander party. Dit is om woorde en emosies na te boots wat ons dink gepas is eerder as om uit ons harte te praat.
  • Nederigheid se naby vyand is beskeidenheid. Beskeidenheid het meer met ‘n slegte selfbeeld en vrees te doen. Ek wil iets voorhou wat sal beïndruk, terwyl dit nie heeltemal is hoe ek regtig voel nie.

Jy word uitgenooi om die Here te vra om vir jou die gawe van onderskeiding in jou verhoudings te gee. Begin by jouself en kyk na die naby vyande wat dalk (tot ‘n mate, soms?) by jou kom bly het.

Wat kan jy doen met hierdie vyande?

Herhaalgebed:

Here, ek vra vir die genade van verbintenis en dialoog in my verhoudings.

Scripture