KykNET Lent GidsSample

Ek is die geliefde
"… want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe"
(Efesiërs 2:10).
Die groot geestelike skrywer van die vorige eeu, Henri Nouwen, sê die fundamentele waarheid wie ek is – of ek so voel of nie – is dat, lank voor ek gebore is en lank nadat ek sterf, ek God se geliefde was en is. Hy eggo vir Paulus, wat sê dat: “God vroegtydig voorberei het” – God het my geken nog lank voor ek deur myself of ander geken is.
Soms dink ek, ek is nie goed genoeg nie omdat ek dit nie voel nie. Ek voel dat ek nie raakgesien word of erkenning kry nie. Miskien dra ek onbewustelik ‘n boodskap vanuit my ervaring wat oor en oor sê: “Ek is nie goed genoeg nie”. Hierdie boodskap spruit dalk uit mislukking, oor iets wat vroeër vir my gesê is en waaraan ek vashou, of omdat ek skaam kry oor die sondige neigings wat ek in myself waarneem.
Soos Nouwen dit egter stel, was ek geliefd nog lank voor my ouers, broers en susters, onderwysers, die samelewing of geloofsgemeenskap enigiets van my of oor my kon sê. Ek is spesiaal omdat ek van alle ewigheid af aan God behoort. Paulus sê, “In Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee”. Dis die goeie nuus en die waarheid wat Lydenstyd my leer: ek is goed genoeg, want ek is die geliefde van God, wat my in Christus goed en reg gemaak het.
Oefening:
Staan vandag ‘n oomblik af om terug te dink aan ‘n tyd toe jy geweet het jy is geliefd en gekoester – miskien deur ‘n familielid, ‘n lewensmaat of ‘n vriend. Kan jy jouself toelaat om, in hierdie oomblikke te sien hoe God jou erken het as sy geliefde?
Herhaalgebed:
“Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.” (Jeremia 31:3)
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

The Boom Squad: Young Hero Training

Lighting Up Our City Video 1: Relational Evangelism

Seeds of Justice: Devotions From a Legacy of Faith and Justice

Out of the Wilderness

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

Say Yes to Conviction!

WALKING in TRUE VICTORY (Sound Foundations for a Glorious Christian Life)

The Radiant Mom: 10 Days to a More Joyful, Christ-Centered Home

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other
