KykNET Lent GidsSample

Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie
Ek hou aan om teen stemme in my gedagtes te baklei wat sê ek is nie goed genoeg nie
Elke enkele leuen wat vir my sê ek sal nooit verdienstelik wees nie
Is ek meer as net die som van elke hoogtepunt en elke laagtepunt
Herinner my weer net wie ek is, want ek moet weet
ai tog
U sê ek is geliefd al kan ek niks voel nie
U sê ek is sterk as ek dink ek is swak
En U sê U hou my vas wanneer ek tekortskiet
En wanneer ek nêrens behoort nie, sê U ek is Uwe
En ek glo
O, ek glo
Wat U van my sê
Ek glo
Al wat nou saak maak is wat U van my dink
In U vind ek my waarde, in U vind ek my identiteit
dankie!
U sê ek is geliefd al kan ek niks voel nie
U sê ek is sterk as ek dink ek is swak
En U sê U hou my vas wanneer ek tekortskiet
Wanneer ek nêrens behoort nie, sê U ek is Uwe
En ek glo
O, ek glo
Wat U van my sê
O, ek glo
Ek vat alles wat ek het, en lê aan U voete neer
U het elke mislukking, Vader, U het elke oorwinning
dankie
U sê ek is geliefd al kan ek niks voel nie
U sê ek is sterk as ek dink ek is swak
En U sê U hou my vas wanneer ek tekortskiet
En wanneer ek nêrens behoort nie, sê U ek is Uwe
En ek glo
O, ek glo
Wat U van my sê
O, ek glo
O, ek glo
Ja, ek glo
Wat U van my sê
Ek glo
You Say by Lauren Daigle (Vrye vertaling na Afrikaans)
"Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is! Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee. So sal God ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien."
"Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe"
Efesiers 2:4-10.
As ‘n gelowige, sukkel ek soms om te glo dat ek goed genoeg is. Ek sukkel om te glo dat ek waardig is en dat dit vir iemand moontlik is om my lief te hê. Ek sukkel selfs meer om te glo dat God my kan liefhê nes ek is. Ek wil altyd swig voor die versoeking om te glo dat daar goed is wat ek moet doen of bereik om waardig te wees om liefde te verdien – veral God se liefde.
Soms verwar ek gedrag met my wesenlike waardigheid – ek dink ek kom nie die mas op nie weens my optrede, en dat ek daarom nie goed genoeg is nie. Soms verwar ek prestasies – of die bekwaamhede van ander – met waardigheid en daarom dink ek dat ek nie goed genoeg is nie. Soms glo ek negatiewe boodskappe van ander, en glo daarom dat ek nie goed genoeg is nie. Ander kere oortuig my eie negatiewe denkpatrone my dat ek nie goed genoeg is nie. In moeilike tye kan ek so vinnig begin dink – en glo – dat ek nie goed genoeg is nie.
Hoe ek oor myself dink het ‘n invloed op my vermoë om die beste weergawe van myself te wees.
St. Irenaeus, ‘n Christelike teoloog uit die tweede eeu, skryf: “Die glorie van God is die ten volle lewende mens.” As ek nie glo dat ek goed genoeg is nie, sukkel ek om “ten volle lewend” te wees. Irenaeus glo dat elkeen van ons waardigheid het, en goed genoeg is omdat dit is wat God wil hê.
Tydens Lydenstyd ontdek ek hoe God begeer dat elkeen van ons ‘n oorvloedige lewe sal hê – Jesus sê, “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het” (Johannes 10:10).
Lydenstyd herinner my dat ek altyd goed genoeg is, ten spyte van my menslike swakhede en sonde. Om die teenoorgestelde te dink, soos wat ek ongelukkig geneig is om te doen, is ver van die waarheid.
Hierdie week word jy uitgenooi om ‘n tree terug te neem en op te let watter invloed die boodskap: “Ek is nie goed genoeg nie”, op jou verhouding met jouself, met ander en met God het. Ek wil myself sien soos wat God my sien.
Skryf gedurende die komende week ‘n paar van die beste eienskappe en gawes neer wat jy glo jy het. Kyk dikwels na die lys. Noem hierdie eienskappe en gawes aan God tydens jou gebedstyd. Sê dan doelbewus vir God dankie vir die kunswerk wat jy is.
Herhaalgebed:
“Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.” (Jeremia 31:3)
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

The Boom Squad: Young Hero Training

Lighting Up Our City Video 1: Relational Evangelism

Seeds of Justice: Devotions From a Legacy of Faith and Justice

Out of the Wilderness

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

Say Yes to Conviction!

WALKING in TRUE VICTORY (Sound Foundations for a Glorious Christian Life)

The Radiant Mom: 10 Days to a More Joyful, Christ-Centered Home

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other
