YouVersion Logo
Search Icon

KykNET Lent GidsSample

KykNET Lent Gids

DAY 21 OF 39

Verbintenis met jouself

"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"
Matteus 22:37-39.

Een van die dinge wat ons agterkom uit die verhaal van die ontmoeting tussen Moses en sy skoonvader is dat Moses die verbintenis met homself verloor het. Hy is oorwerk en het sy vrou en kinders na sy skoonvader gestuur sodat hy by al sy werk kan uitkom. Toe sy skoonvader besluit om sy dogter terug te vat en sien hoe uitgeput Moses is, vra hy hom hoekom hy dit aan homself doen. Moses het die lokus van beheer buite homself geplaas en die mense daarvoor blameer (Eksodus 18:16). Ek wonder of hy tot insigte gekom het toe hy homself hoor. “Almal kom na my om God te raadpleeg” (Eksodus 18:15). Daar is ‘n ego-behoefte van erkenning en aanvaarding wat hom dryf om ja te sê en hom daarvan weerhou daarvan om gesonde grense daar te stel deur nee te sê. Al veroorsaak sy oormaat werk moegheid en pyn, kry hy iets wat hy op ‘n emosionele vlak nodig het – die mense se erkenning. Deur hierdie ontmoeting het hy tot ander insigte gekom en sy lewe het verander. Die lewe met sy gesin het verander.

Deur hierdie verhaal lyk dit asof …

Ons verbintenis met onsself gekoppel is aan verbintenis met ander. Ons ervaar pyn as ons verbintenisse skade lei.

Jy word nou uitgenooi om te dink aan ‘n geleentheid waar jy ‘n diep verbintenis beleef het – ‘n ontmoeting waar jy gevoel het jy word gesien, gehoor, gevoel en aanvaar. Dink aan die persoon, die plek en hoe dit vir jou was. Hoe jy gevoel het, wat jy aangevoel het en wat met jou gebeur het.

Dank Hom vir die ervaring en deel jou verhaal met iemand naby aan jou.

Herhaalgebed:

Here, ek vra vir die genade van verbintenis en dialoog in my verhoudings.