KykNET Lent GidsSample

Verbintenis
"Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas"
Genesis 2:18.
Ons is gemaak vir verbintenisse. Dit is wat die boek van die begin van alle dinge (Genesis) ons leer. Toe die Skepper na die skepping gekyk het, was alles goed, behalwe die feit dat die mens alleen was (Genesis 2:18). Verbintenis is om kontak te maak en ‘n ruimte tot stand te bring waar daar ‘n gevoel is dat jy deur ‘n ander party gesien, gehoor, gevoel en aanvaar word. Volgens navorsing in verskeie velde van die menslike wetenskappe is verbintenis met ons neurobiologie verweef. Dit is waarom ons deur 'n ervaring van skeiding pyn ervaar, wat kan lei tot afsondering, eensaamheid, magteloosheid, verslawing en selfs depressie. Mense met sterk verbintenisse is volgens navorsing gelukkiger, gesonder en beter in staat om die spanning van die lewe te hanteer.
'n Verbintenis maak dialoog moontlik. Verbintenis en dialoog bring ‘n verhouding tot stand. Daar is vier verhoudings waarin ons leef, volgens Martin Buber. Die Ek-U, Ek-Jy, Ek-Dit en Ek-Ek verhoudings. Dit beteken dat daar vier baie belangrike verbintenisse in ons lewens is.
Jy word nou uitgenooi om bewus te raak van die vier soorte verbintenisse. Dink vir ‘n oomblik afsonderlik aan elk van hierdie verbintenisse — met God / jou geliefdes / jou wêreld.
- Hoe sal jy die verbintenis beskryf?
- Hoe voel jy oor die verbintenis?
- Met wat sal jy die verbintenis vergelyk?
- Hoe sal jy die verbintenis liggaamlik uitdruk? (Kyk na jouself in die spieël hoe jy lyk wanneer jy daaraan uitdrukking gee.)
- Waarheen word jy uitgenooi deur hierdie oefening?
Herhaalgebed:
Here, ek vra om die genade van verbintenis en dialoog in my verhoudings.
Scripture
About this Plan

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.
More
Related Plans

One Chapter a Day: Matthew

Walk With God: 3 Days of Pilgrimage

Psalms of Lament

Deeper in Worship

YES!!!

Spirit-Led Emotions: Mastering Emotions With Holy Spirit

I'm Just a Guy: Who Feels Alone

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Faith-Driven Impact Investor: What the Bible Says
