Vas – ’N Gids Vir BeginnersSample

Om te leer: "The Weapon of Fasting" (sien onder). Hoe om vas te eindig, is net so belangrik soos hoe om te begin. As dit te skielik beëindig word en vaste kos te vinnig weer ingeneem word, kan dit vir jou liggaam skadelik wees.
Die heel belangrikste ding om te onthou, is om nie te ooreet nie. Ons almal sien uit na die einde van ’n vas wanneer die beperkinge op ons kos gelig word. Al is dit opwindend kan dit ook gevaarlik wees – veral as jy ’n lang tyd gevas het.
Hierdie punt is nie so belangrik as jy ’n gedeeltelike vas gedoen het nie, maar dit is goed om in ag te neem as jy ooit ’n lang vas wil onderneem. Maak seker dat jou vas geleidelik met vloeistowwe (sap, tee, sop, ens.) oor ’n paar dae beëindig word, deur weer vaste kos stelselmatig deel van jou maaltye te maak. Jy kan dit doen deur kleiner porsies te eet of op verskeie tye ligte happies te geniet. Ná ’n hele paar dae van onthouding, “krimp” jou maag en jy sal vinniger vol voel met kleiner porsies as voorheen. Om ’n suksesvolle einde van jou vas te verseker, moet jy dus geleidelik weer vaste kos begin eet.
Vandag se gebed:
Vader, dankie dat ek kan weet iets gebeur in die geestelike sfeer as gevolg van vas. Ek bid dat dit ’n gereelde deel van my leefstyl sal word om te vas. Skenk my u genade terwyl ek vas.
Lees gerus The Weapon of Fasting vir meer inligting oor vas.
Scripture
About this Plan

Die gebruik om te vas, kom baie algemeen in die Skrif voor. Ons sien deurlopend in die Bybel dat dié beginsel deur konings, profete en al God se mense beoefen is. Wanneer jy vas, sal jy sien dat saam met jou honger, jou nederigheid en heiligheid toeneem namate jy meer aan die beeld van Christus gelyk word.
More
Related Plans

God Is With Us

Unshakable Love: 5 Days to Feeling Known, Carried & Cherished by God

Gems of Motherhood~ Letters to a Mama: 20ish Things I Wish I Knew Before Becoming a Mom

Transformational Days of Courage for Women

God, I’m Tired: Honest Rest for Exhausted Parents

Don't Take the Bait

The Lord's Prayer

Connecting With the Heart of Your Child

The 3 Types of Jealousy (And Why 2 Aren't Sinful)
